You are currently viewing #blikkiesenbaadjies winterprojek 2018 – Week 3

#blikkiesenbaadjies winterprojek 2018 – Week 3

Deel hierdie artikel

Week 3:

14-20 Mei 2018

Ons het die afgelope week ‘n spesiale Hemelvaartbyeenkoms saam met die Voortrekkers gehad waar hulle blikkies en baadjies ingesamel het!

Affies se gees vir gee!

Afrikaans Hoër Meisies @AHMP.co.za het elke jaar ‘n geesweek in die opbou na hulle “derby” met Oranje Meisies van Bloemfontein.  Hierdie jaar lyk die geesweek egter meer na ‘n geeweek met van ‘n CANSA Sprayathon waarmee die dogters gister meer as R40 000 ingesamel het, tot ‘n tjek en rolstoele aan Alma skool en Dinsdag, 15 Mei se insameling van blikkies en baadjies vir GROOTfm 90.5 se Winterprojek ten bate van PEN en HelpendeHand.

Die grade het teen mekaar gekompeteer en hulle blikkies en baadjies uitgestal in die halfmaan voor die hoofgebou.  So saam met ons #JouMenseMyMense projek het ons vriende van #SPARNorthrand óók R1000 se blikkies geskenk vir ‘n totaal van 2158 blikkies kos en 734 warm winterbaadjies!

In die woorde van Affies se skoolhoof, Me Marna Jordaan:  “Werk altyd vir die saak, nie vir erkenning nie. Lewe om jouself uit te leef, nie om ander te beindruk nie. Streef daarna om so te leef dat mense jou afwesigheid voel as jy nie daar is nie. Onthou: Die beste en die mooiste dinge in die lewe kan nie gesien of aangeraak word nie, jy moet dit met jou hart voel.”

Baie, baie dankie vir Affies se blikkies en baadjies!

Deel hierdie artikel

Leave a Reply