#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer staal buig

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer staal buig

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer staal buig

Alfreda Le Roux het staal in haar bloed, maar hierdie staal het gebuig.

Voor die grendelstaat het Alfreda ‘n suksesvolle besigheid gehad waarin sy ou klimrame koop, dit regmaak en weer vir ‘n kompeterende prys verkoop. Soos baie, het sy nie verwag die inperking gaan so groot invloed op nie net haar besigheid, maar ook op haar gemoed hê nie.

Waar sy gewoonlik haar winste gebruik om nuwe voorraad te koop, moes sy dit noodgedwonge aanwend vir oorlewing. Saam met haar woon haar seun, Phillip, haar werkswinkel voorman, Pierre, en hulle verwer, Forgez. Haar besigheid het hulle almal gemaklik onderhou.

Nou, lyk haar tuin dor, haar yskas is dolleeg, en haar skuld en bekommernisse oor haar insulien-voorraad wat koud gehou moet word en nie kan nie as gevolg van elektrisiteits-kostes, word meer. Sy en haar span lewe letterlik van oggend tot middag, en van middag tot aand. Sy vertel ons dat hulle vier ‘n blikkie vis tussen vier verdeel, en twee aande daarvan moet eet.

Haar grootste wens is dat haar besigheid weer sal terugkeer na die florerende besigheid wat dit was. Dat sy haar seun, voorman en verwer weer met vrymoedigheid kan versorg en aan hulle basiese behoeftes voorsien. Dat sy weer op ‘n gereelde basis klimrame kan koop, en dit restoreer. Dat sy weer voorraad kan aankoop – verf en die nodig toerusting en gereedskap – om die produk waaroor sy eens so trots was, te herverkoop. Dat haar voertuig, wat net voor die inperking gebreek het, weer sal funksioneer, sodat sy haar besigheid weer op dreef kan kry.

Sy huil snikkend toe die GROOTfm 90.5 span vir haar kom kuier en vir haar ‘n R2 000 SPAR-geskenkbewys gee, ‘n krag-koepon om haar insulien-bekommernisse te verlig, en met haar deel dat iemand haar voertuig gratis vir haar gaan regmaak.

Ons verklaar saam met jou, Alfreda, en saam met jou span, dat hierdie jou keerpunt is. Ons verwag saam met julle dat dinge gaan beter word! Dat daar herstel en vernuwing gaan volg – nie net met jou klimrame of besigheid nie, maar binne jou! Ons vier saam met jou hierdie oorwinnning! En bo alles, getuig ons saam met julle van ons Vader se guns en getrouheid! Want hierdie, is alles Hy!

Jou mense is my mense, en saam is ons beter!

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply