You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die breker en baanbreker, Nico

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die breker en baanbreker, Nico

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die breker en baanbreker, Nico

Op 9 Februarie 2021 is Nico van der Walt, die jongste van drie, gebore. Nadat sy ouers Leanie en NW getrou hul doktersafsprake nagekom het, het hulle verwag dat Nico se geboorte sonder enige komplikasies sal geskied. Natuurlik, dat Nico ook die gesonde baba sal wees soos voorspel deur die vooraf-bepalende toetse.

Terwyl Leani alleen in haar hospitaalkamer lê nadat sy geboorte gegee het (na aanleiding van strenger besoektye en -reëls), het die dokter vir haar kom sê haar pasgebore wonderwerk het Down’s sindroom.

Met Nico se geboorte is sy kop effens vervorm aan die een kant, wat veroorsaak dat sy kop assimmetries is. Hierdie het tot verdere gevolg dat sy kakebeen kan skeefgroei en sy hele gesig oneweredig sal ontwikkel – wat sy een oor en neus insluit. Verder is Nico baie gesond. Soos sy ma aan ons gesê het: ‘Ons het gebid vir ‘n gesonde seun, en hy is, gesond.’ Sy sê verder: ‘Hy is nie Down’s sindroom nie, hy het dit net…’

Mamma Leanie en Pappa NW het navorsing gedoen oor wat hulle kan doen om hierdie abnormale ontwikkeling en groei van sy kop en gesig te kan verhoed. Hulle het by ‘n ortotis in Johannesburg uitgekom – die enigste dokter wat hierin spesialiseer – en die uiteinde was die aankoop van ‘n spesiale ‘hoed’ (in Engels bekend as ‘n ‘star band’) wat gaan help dat sy kop normaal sal ontwikkel en groei. Hierdie ‘hoed’, wat ook sy breinontwikkeling sal bevorder en die simmetrie van sy gesig herstel, word in Amerika vervaardig en kos R40 000. Behalwe vir die vooruitsigte van fisio-, arbeids- en spraakterapie wat die Van Der Walt gesin te wagte is, was hierdie besluit hulle grootste finansiële prioriteit. Hulle het ‘n ‘backabuddy’-fonds gestig, en was oorweldig met die positiewe reaksie.

Ons is vandag so dankbaar aan ons familie by SPAR vir die groot rol wat hulle weekliks speel in soveel mense se lewens. Ook aan We Buy Cars, wat gesê het hulle wil graag Nico se spesiale hoed betaal, sodat die Van Der Walt’s die fondse wat reeds ingesamel is, kan aanwend vir die vele ander onvoorsiene mediese kostes – van Nico se terapie tot sy opvoedkundige speelgoed.

Mamma Leanie en Pappa NW, ouer boet en sus, en jy liewe Nico…Ons is saam met julle opgewonde oor dit wat vir julle voorlê! Saam met die baanbrekerswerk wat vir julle voorlê, en die deurslaggewende rol wat julle verhaal in so baie ander se lewens gaan speel.

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply