#JouMenseMyMense – Nuwe lewe vir ou rolstoele
Jan van Rooyen en Johannes Klopper is inwoners van Lodewyk P Spies tehuis. Die 66-jarige Johannes woon daar omdat hy geen heenkome het nie. Hy is tans in ‘n rolstoel omdat albei sy heupe gevries is. Jan, ‘n wewenaar van 68, het beide sy bene verloor as gevolg van “gangereen”. Beide Jan en Johannes ontvang ‘n SASSA-toelaag, waarvan ‘n groot gedeelte ook vir die tehuis se huur gaan. Hulle ontvang geen addisionele inkomste nie, en die beperking in beide se mobiliteit bemoeilik ook die vooruitsig van ekstra werk. Johannes en Jan het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/