Boodskappe LUISTER NOU
  • #jouGROOTtalent 
  •  Jou Gids 
  •    Jou Inskrywings    
  •  Jou Reëls 
  •     Jou Betaling    
  •   Meer Inligting  
#jouGROOTtalent 

#JouGROOTtalent

Klim hierdie jaar op die GROOT verhoog, want ons is die ene oë en ore om die sangers, akteurs, sprekers en instrumentaliste van Suid-Afrika se pragtige talente saam met hulle te geniet en te vier! 

Dalk is jy al heel tuis voor die skare of skraap vir die eerste keer jou moed bymekaar… Hierdie kuber-Kunstefees se virtuele verhoog is groot genoeg vir enige en elke vlak van ervaring en dié slag kan jy uithaal en wys met ‘n video-opname van jou item in die gemak van jou huis sonder die angs en sweet van ‘n saal vol mense en dit met ‘n paneel van beoordelaars wat glo:  

“Om deel te neem is goed. Om te wen, seker beter, maar om dit te geniet, is die beste!”

 Jou Gids 

#jouGROOTtalent

Gids

Laai jouGROOTtalent gids hier af.

   Jou Inskrywings    

#jouGROOTtalent Inskrywingsvorm

Laai jou vorm HIER af en onthou om ‘n aparte vorm in te vul vir elke item waarvoor jy wil inskryf.

Lees die gids om te sien hoe en waarheen jy jou voltooide vorm kan stuur.

  1. Inskrywingsfooi is R120 per item.
  2. Sluitingsdatum vir alle inskrywings is 21 Augustus 2020 (23:59)
  3. Die inskrywingsvorm, bewys van betaling en WeTransfer skakel na jou video, word alles saam ge-e-pos na jougroottalent@grootfm.co.za. (Videos van tot 2GB kan gratis via WeTransfer gestuur word – www.wetransfer.com. Riglyne van hoe om WeTransfer te gebruik, is beskikbaar aan die einde van die gids) 
  4. Leesitems se leesstukke moet asseblief saam met die video gestuur word.
  5. Merk asseblief die deelnemer se naam en van, afdeling en kategorie, duidelik in die “subject line” van jou e-pos bv. Blommetjie vd Merwe, Sang, Graad 4.
 Jou Reëls 

#JouGROOTtalent

Reëls

  1. Let op elke afdeling en kategorie se spesifieke kriteria en tydsbeperking.
  2. Geen professionele sangers, akteurs, sprekers of instrumentaliste mag deelneem nie – slegs amateurs. (Professioneel: iemand wat gereeld betaal word om op te tree of produkte/CD’s aan die publiek verkoop.)
  3. Alle inskrywings is in video-formaat en word via WeTransfer gestuur.
  4. Alle inskrywings (skakel na WeTransfer, saam met bewys van betaling en inskrywingsvorm) word per e-pos ontvang: jougroottalent@grootfm.co.za (Riglyne van hoe om WeTransfer te gebruik is beskikbaar aan die einde van hierdie gids.)
  5. Kleredrag: Netjies/Skooldrag
  6. Die item wat gelewer word moet pas by die deelnemer se ouderdom asook die afdeling, soort toespraak of kategorie waarvoor ingeskryf word.
  7. Geen onwelvoeglike taalgebruik, inhoud of kleredrag.
  8. Sodra die item beoordeel is, word die sertifikaat met die simbool per e-pos aan die deelnemer gestuur. 
  9. Geen punte sal bekendgemaak word nie en slegs die beste deelnemers in elke afdeling en kategorie sal op GROOTfm 90.5 se webblad verskyn.
  10. Geen korrespondensie sal gevoer word met betrekking tot die uitslae nie en die beoordelaars se beslissing is finaal.
  11. Die persoon/persone wat inskryf vrywaar Die Bloudruk Groep (GROOTfm 90.5 en Die GROOT Ontbyt) van enige eise wat mag ontstaan as gevolg van skade of verlies van enige aard wat so ‘n persoon/persone moontlik mag ly.
  12. GROOTfm 90.5/Die GROOT Ontbyt behou die reg voor om die videomateriaal, of enige geredigeerde weergawe daarvan, op enige GROOTfm 90.5/Die GROOT Ontbyt platform, hetsy sosiale media, webblad, radio of TV, te gebruik of nie. (Die standaard en goedkeuring vanaf radio- en TV-inhoud, sal bepaal of enige materiaal uitgesaai kan word, al dan nie.)
  13. Enige en alle navrae moet gerig word aan: jougroottalent@grootfm.co.za. Geen navrae sal per whatsapp, SMS of Facebook hanteer word nie. 
    Jou Betaling    

#jouGROOTtalent Betaling

Rekeningnaam: GROOTFM905 NPC

ABSA – Tjekrekening 1500 166 416

Takkode: 632005 Brooklyn

Verwysing: Talent + Naam en Van (TalentBlommetjievdMerwe)

Swiftcode: ABSAZAJJ

  Meer Inligting  

Afdelings

1 Drama:

D1 – Poësie

D2 – Prosa

D3 – Poetry

D4 – Prose

2 Lees:

L1 – Poësie

L2 – Prosa

L3 – Poetry

L4 – Prose

3 Redenaars:

Slegs Afrikaans, oop tema vir enige van die 3 soorte toesprake:

R1 – Oorredende toespraak

R2 – Inspirerende toespraak

R3 – Vermaaklikheidstoespraak

4 Sang: 

Enige genre – slegs A Capella inskrywings. 

5 Instrumentaal:

Enige instrument – begeleiding of agtergrondklankbaan is opsioneel.

Kategorieë

  1. Graad 1 – 3
  2. Graad 4 – 5
  3. Graad 6 – 7
  4. Graad 8 – 9
  5. Graad 10 – 12
  6. Oopafdeling – studente en volwassenes

Toekennings

Elke deelnemer sal ‘n elektroniese sertifikaat per e-pos ontvang met ‘n simbool wat as volg toegeken word:

A++    90-100%

A+      85-89%

A        80-84%

B+      75-79%

B        70-74%

C        60-69%

Geen punte sal bekendgemaak word nie en slegs die beste deelnemers in elke afdeling en kategorie sal op GROOTfm 90.5 se webblad aangekondig word. 

Close Menu