WEN met Lootjie!
Hoe skryf ek in?
Om deel te neem aan die GROOTfm 90.5 Lootjie kompetisie moet jy die volgende stappe volg.
STAP 1: SMS die woord WEN na 49905, teen R1.50 per sms.
Jy staan dan die kans dat ons jou bel en jy deelneem aan ons vasvrae kompetisie saam met nog ’n luisteraar. Die wenner van die vasvrae kompetisie wen R500.
STAP 2: Gaan na lootjie.co.za en registreer.
STAP 3: Laai die Looitjie APP af.
Om ‘n ekstra R1000 te wen wanneer jy ‘n moontlike vasvrae deelnemer op lug is, moet jy ’n
lootjie gekoop het op die APP, vir die Toyota Hilux-kompetisie om te kwalifiseer vir die ekstra R1000. Die lootjie kos slegs R249.
STAP 4: Bly ingeskakel op GROOTfm 90.5.
STAP 5: Wanneer die omroepers die deelnemers op lug bel sal hulle ’n algemene vraag gevra word.
Albei deelnemers kry ‘n kans om die vraag te antwoord en die deelnemer wat reg antwoord
of naaste aan die regte antwoord is, kry die kans om te besluit met watter letter van die woord LOOTJIE hulle speel.
Agter die letter is ’n kategorie, en die vrae is dan uit daardie
kategorie. Die kategorieë nie in spesifieke volgorde nie, is Musiek, Bekende-persone, Sport, Films, Aardrykskunde, Geskiedenis en Boeke.
Vir die volledige B's & V's, sien die onderstaande teks op die webblad.
Klik hier om op Lootjie te registreer:
Lootjie Vasvrae-Kompetisie
Standaard Bepalings en Voorwaardes:
Jy moet ouer as 18 wees om deel te neem.
Jy moet ’n geldige Suid-Afrikaanse ID-kaart / -dokument hê.
Jy mag nie in die afgelope drie maande op GROOTfm 90.5 enige prys gewen het nie.
Jy moet Vrydag 24 November 2023 in die GROOTfm 90.5 ateljee kan wees tussen 8 en 9vm.
Sou jou naam Donderdagmiddag, 23 November getrek word en jy nie Vrydag, 24 November in die ateljee kan wees nie, sal daar ’n ander naam getrek word. Die name sal op lug bekendgemaak word, nadat die deelnemers hul beskikbaarheid telefonies bevestig het.
Jy kan slegs die Toyota Hilux Bakkie wen as jy die Lootjie App afgelaai het, geregistreer het en ’n lootjie vir die
bakkie gekoop het.
Vir meer oor die Lootjie Toyota Hilux Bakkie kompetisie en bepalings en voorwaardes klik hier: