Madiba Dag 2021

GROOTfm 90.5 vier vanjaar saam met Atterbury Trust, Atterbury Property, Atterbury Teater en WeBuyCars, nie net Madiba-DAG nie, maar Madiba-MAAND!

Ons gaan geskenksakkies propvol toiletware aan minderbevoorregte lede van ons gemeenskap uitdeel, maar ons het JOU hulp nodig!

Bederf die kelners in jou omgewing wat op die oomblik nie kan werk nie en geen inkomste verdien nie, die gesinne wat kospakkies by skole in ons omgewing ontvang EN mense wat elke dag saam met ons werk, wat ook behoeftig is met ‘n geskenksakkie vol toiletware.

Toiletware sluit in: seep, sjampoe, room, reukweerder, ‘n tandeborsel, tandepasta, sanitêre doekies, ‘n masker en hand-saniteerder.

Hoe werk dit?

JY as lid van die GEEmeenskap kan betrokke raak deur

1.     ‘n Finansiële bydrae te maak via die volgende skakel:

https://atterburytrust.org/donasiewinkel/.

2.     Sakkies te kom afhaal by die onderskeie insamelingspunte en

dit te vul met toiletware,

3.     OF deur jou eie sakkies te gebruik en dit dan vol te maak

met toiletware. 

Jou sakkie kan by die volgende punte afgelaai word tussen 08:00 en 16:00, Maandae tot Vrydae:

–        GROOTfm 90.5

–        Atterbury Teater

–        Atterbury Property (Die Klubhuis)

–        Die bokse by Woolworths in The Club retail

–        WeBuyCars Silver Lakes en Midstream 

Alle donasies/bydraes/sakkies moet asseblief teen

28 Julie by Atterbury wees.