By Atterbury Trust glo ons in almal se potensiaal om hoë hoogtes te bereik, om die lewe voluit te lewe, om met talente te woeker.

Dit is hoekom ons al vir amper 20 jaar studiebeurse aan behoeftige Afrikaanse jong mense met potensiaal toeken om hul drome te help bereik,

nie net omdat ons kan nie, maar omdat ons wil. Studiebeurse is egter nie al waarmee ons help nie.

Baie behoeftige kinders in skole het basiese dinge soos kos, klere en gerieflike klaskamers nodig.

Atterbury Trust se skoleprojekte help hiermee. Ons ondersteun ook die Triomfkliniek.

Hierdie fasiliteit, waar dokters hul tyd gratis verskaf, maak seker behoeftige pasiënte ontvang sorg met waardigheid.

Kultuur lê ons na aan die hart en ons is betrokke by verskeie inisiatiewe wat ’n liefde vir kuns en kultuur onder veral skoolgaande kinders, aanwakker.

"Ons weet baie mense wil graag help, maar is dalk nie altyd bewus daarvan hoe dit prakties gestalte kan kry nie," verduidelik Zahn Hulme.

"By Atterbury Trust maak ons dit maklik om met vertroue te kan gee, aangesien ons trust alle donasies met oorleg en deursigtigheid bestuur.” Behalwe vir kontantskenkings kan belangstellendes ook op ander terreine by Atterbury Trust se beursstudente betrokke te raak deur as mentors

of werkgewers op te tree, met internskappe, vakansiewerk of verblyf en deur direk 'n spesifieke student se sakgeld te borg.

Word deel van Atterbury Trust se #OnsGeeOm veldtog, want ons weet jy gee ook om. Atterbury Trust se GROOT(ste) versoeke is die volgende: 

  • Borgskappe van studentebeurse.
  • Donasies.
  • Jou tyd vir studentementorskap en ondersteuning.
  • Vakansiewerk vir studente.
  • Dokters wat bereid is om tyd af te staan om by Triomf pasiënte te ondersoek.
  • Enige mediese toerusting of verbruikersware.

 

Klik HIER om maklik deur PayFast te skenk. 

Kontakbesonderhede:

Vir algemene navrae: zahn@atterbury.co.za en ananja@atterbury.co.za

Triomf kontakbesonderhede: triomfpretoria@telkomsa.net