ELEOS is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat opheffingwerk doen in Pretoria-Wes. 

Hulle glo daarin om ’n gemeenskap te help om hulleself te kan help.

Hulle het 15 projekte wat die gesin as geheel help met sosiale-, fisiese-, emosionele- en vaardigheidsontwikkeling. 

Dringendste behoefte: 

Kos, melk en doeke.

Kontakpersoon: clariza@eleos.co.za

Solidariteit Helpende Hand is ‘n welsynsorganisasie sonder winsoogmerk en fokus op die verligting verbreking en voorkoming van armoede, ons spreek armoede aan deur ons maatskaplike afdeling, ons 160 takke landswyd en ons projekte wat uitgevoer word binne ons volhoubare strukture.  

Dringendste behoefte:

Kos en maatskaplike advies 

Kontakpersoon:      

Maatskaplikeeenheid - diens@helpendehand.co.za

Medianavrae: Phillip Bruwer - phillip@helpendehand.co.za

LIG Kinderbediening (090-703 NPO) is 'n interkerklike nie-winsgewende organisaise wat fokus op die bediening

van behoeftige, hoofsaaklike Afrikaanssprekende kinders in die Pretoria-Wes omgewing deur middel van Bybelklubs, Kampe en Opvoedkundige projekte wat gehuisves word by ons LIGhawe Terapiesentrum in Danville.

Dringendste behoeftes:

  1. Fondse en skenkings vir die kospakkies wat tans weekliks uitgaan na 120 gesinne (600+ mense)
  2. Vrywilligers wat bereid is om een maal per week betrokke te raak by ons opvoedkundge en terapeutiese hulpprojekte in Danville

Kontakpersoon: Louise Rossouw 082 863 6977 of admin@ligkinderbediening.co.za

PEN is ’n nie-winsgewende organisasie wat werksaam is in

die groter stad van Tshwane en Johannesburg wat holistiese transformasie, ondersteuning en begeleiding bied aan kwesbare & hawelose gemeenskappe, deur fisiese-, emosionele-, geestelike-, gemeenskaps- en

beroepswelstandsdienste. Ten spyte van die Covid-19 pandemie wat hulle huidige uitdagings  vererger, poog PEN om elke behoewende persoon te beweeg van afhanklikheid na menswaardigheid. 

Dringendste behoefte:

Mansklere (28-34 grote)

Mansskoene (grotes 7-9)

Haarskeerders en batterye

Nie-bederfbare kos (hoë proteine) Skoonmaakmiddels 

Kontakpersoon: 

Dr. Marinda van Niekerk - marinda@pen.org.za

SA Cares for Life is ‘n kinderbeskermingsorganisasie wat fokus op die veiligheid en toekoms van kinders:  Veiligheid by geboorte, kossekuriteit, opvoeding en onderwys, vaardigheidsontwikkeling vir ouers, plekke van veiligheid vir kinders, vaderskapprogramme om die impak van geslagsbaseerde geweld aan te spreek sowel as gesinsbeplanning en versorging.  

Dringendste behoeftes: 

Kos, klere, doeke, melk, enige opvoedkundige materiaal 

Kontakpersoon: 

Sanet@sacares.co.za / 0609975257