5to9 – saam met Anelma Meiring

5to9 met Anelma (17:00 tot 21:00) is 4 ure van luistergenot waar Anelma haar intense passie vir musiek, veral die alternatiewe en rock musiek, met jou gaan deel! Sy beweer hierdie program is die beste agtergrond vermaak vir jou Saterdagaand kuier… en sy’s reg!

Item Beskrywing
17:30 Kunstenaarsfokus: Die vergrootglas is op ‘n spesifieke kunstenaar en Anelma speel vir jou drie liedjies van hom/haar!
18:15 Saterdagaand mix: Ons eie JD CityBay, aka Jacques Erasmus se skeppings wat jou hart sal laat klop en jou voete laat jeuk…
18:30 Die GROOT alternatief: Anelma speel vir jou ‘n se halfuur plaaslike musiek, met ‘n ‘alternatiewe’ klank. En sy doen dit met ‘n smile op haar kiewe!
19:00 ‘n Uur van ‘rock oldies’. M.a.w. ‘n uur van pure vreugde…
20:15 5 plaaslikes in ‘n ry: Anelma speel vir jou vyf plaaslike liedjies speel na mekaar, ononderbroke!

 

DAE

    Saterdag