Die 5uur Klub – saam met Carla Burg

Die 5uur Klub met Carla Burg – programbeskrywing:

Die “5uur Klub” is nie net hier om jou te help vloei deur die oggend verkeer nie, maar om jou weeksoggende ‘n hupstoot te gee. In “Kennis, Konteks en Kommentaar” bring Carla vir jou die nuutste stories wat oornag die nuus gehaal het, of dit nou plaaslik, internasionaal, swaar of lig is. Voor jy jou kollega in die oë kyk, gryp eers ‘n koppie koffie saam met Mejuffrou Burg, waar sy jou uitdaag met onverwagte, daaglikse vrae oor selfgroei, selfhelp en produktiwiteit in jou dag-tot-dag lewe.

Is jy deel van die vreemde mense wat die Afrika-sonopkoms in saligheid wil geniet? Join die Klub!

Carla Burg 101:

Carla is gebore op 18 April 1999.

‘n Paar van haar gunstelinge:

Kos: Nachos

Kleur: Wit en ligte pienk

TV-program: Friends en enige dokumentere reeks.

Naweek-aktiwiteit: Opvang met geliefdes, enige vorm van kuns doen, en huis skoonmaak.

Reuk: Blomme, vars brood en goeie koffie.

Dier: Honde.

Buiten radio en die uitsaaiwese, is Carla se ander liefde in haar lewe, haar geliefde labrador, Blu. Sy droom van ‘n besoek en reistog na Israel, en as daar een ding is op haar “bucket list”, is dit om die Noordelike Ligte in persoon te sien, terwyl sy om ‘n kamp vuurtjies sit saam met die mense vir wie sy die liefste is. Haar “celebrity crush” is Chris Hemsworth, en haar gunsteling kunstenaar is, blonde-krulkop, Taylor Swift. Haar versteekte talent is dat sy kan kitaar speel, en as sy ‘n liedjie kon skryf en vervaardig sal die onderwerp, “buitengewoon baie hoop” wees. Sy het ‘n fobie vir hoenders, en haar mooiste karaktereienskap is, om mense deel te laat deel voel in die samelewing.

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag

OMROEPERS