Die GROOT brekfis – saam met Ruben en Jennifer

Ruben is ‘n trotse Bloubul, gemaklik in sy vel en sien altyd kans om te lag oor ‘n ‘lame’ grappie. Hy maak jou pad werk of skool toe weeksoggende lig en vrolik, met inspirasie en ‘n tikkie nostalgie.

Jennifer is avontuurlustig en altyd gereed vir n uitdaging of ‘n debat. Sy verkies om die mooi kant van die lewe raak te sien en daarom wil sy altyd die luisteraars met n tikkie hoop en ‘n glimlag los.

Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag, so maak seker jy begin hom met ‘n GROOT brekfis!

Item Beskrywing
Weeksdae 06:00 Inspirasie – Word elke oggend wakker met inspirerende boodskappe van Jannie Putter, Paul Smit, Lindie Strydom, Liezel van der Merwe en Gretha Wiid.
Maandae tussen 07:00 en 08:00 ‘Game of Drones’ – verken Pretoria en die res van Suid-Afrika wanneer ‘n denkbeeldige hommeltuig oor ‘n bekende landmerk / monument beweeg. Ruben en Jennifer gee leidrade oor die landmark / monument en gee geleentheid vir die jongspan om te raai wat die hommeltuig gewaar.
Dinsdae en Donderdae tussen 07:00 en 08:00 Immunadue – ‘Skud die Bottel’-kompetisie

Ruben en Jennifer kry ‘n bottel Immunadue met ‘n spesifieke getal Immunadue-tablette in en luisteraars kry die geleentheid om te raai hoeveel van hierdie tablette in die bottel is.

Woensdae tussen 07:00 en 08:00 #Kakofonie – drie treffers word saamgeflans en luisteraars moet al drie die liedjies kan ontrafel en identifiseer.
Vrydag tussen 07:00 en 08:00 Ateljee-spele – Ruben en Jennifer ‘kompeteer’ teen mekaar in of buite die Ateljee, laai ‘n video op sosiale media waarin luisteraars kan raai wie tussen hierdie twee gewen het. Hulle daag dan die luisteraars verder uit om ook aan hierdie ‘oefening’ deel te neem.
Weeksdae tussen 08:00 en 09:00 #Ateljee-gas – Ruben en Jennifer gesels met ‘n gas – hetsy dit uit ‘n aktuele of vermaaklikheidsoogpunt is.
Weeksdae tussen 06:00 en 07:00 Die GROOT vraag – Ruben en Jennifer vra ‘n groot vraag aan die luisteraars, soos bv. 34% van mense raak angstig as hulle die volgende klank hoor? (Antwoord: ‘n Selfoonboodskap ‘notification’.)  10% van menses al nie met vakansie gaan na ‘n plek toe waar daar nie WAT is nie? ( Antwoord: Wifi)

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag