Die GROOT Ontbyt – saam met Johrné en Elsa

Die GROOT Ontbyt se inhoud bespreek aktuele sake wat nuus en weer insluit. Ons stel graag nuwe rolspelers op verskeie gebiede aan ons kykers en luisteraars voor, en kry ‘n goeie dosis vermaak met geliefde kunstenaars, sportsterre, akteurs en ander bekendes wat gereeld ‘n draai kom maak.

Johrné is sedert 2000, met die begin van ddisselblom, onwillekeurig in die vermaaklikheidsbedryf, waarna hy ‘n program ‘Gons’ op kykNET en MK aangebied het. Daarna was hy deel van DEKAT op SABC3. Radio het sy pad in 2010 gekruis en sy gunsteling medium geword. ‘Ek is ook ‘n ‘serial seremoniemeester’ wat al elke denkbare funksie behartig het.’

Elsa is ambisieus en werk hard aan haar loopbaan. Sy het ’n passie vir diere, mense en Afrikaans en hóú daarvan om te klets! Sy lag graag en sommer baie maklik! Sy’s lief vir die lewe en enige iets wat inspireer…

#DieGROOTOntbyt #DGO #Ontbyt #KykNET #TV

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag