Boodskappe LUISTER NOU

#SoNetOpSaterdae – saam met Sonet Stofberg

Kom geniet ‘n koppie koffie saam met Sonet, met ‘n “tee”…wanneer sy spek skiet, op eiers loop en toast op die lewe…lekker-omelet-pret – Saterdae-oggende, 06:00 – 09:00.

Sonet Stofberg (nee Bergh…daai is ‘n oulike storie) is gebore in Pretoria, maar getoë in KZN – ja, by die see. Sy het nog altyd ‘n liefde vir kommunikasie en musiek (met die enigste ding wat ‘silent’ is, die T in haar naam!). En, watter beter platform om die twee liefdes te kombineer, as ‘n GROOT radiostasie? Die ander liefdes in haar lewe is die Here, haar man en familie, en haar honde, Moremi en Fiela.

Dit is wat jy saam met die sonsopkoms kan verwag Saterdae-oggende vanaf 06:00…

06:00 – 07:00, Ons word vervul deur wyse en inspirerende woorde van Lynette Beer, en kyk wat kwetter op Twitter.

07:00 – 08:00, Ons bring vir jou die nuutste nuus en vertel jou waarmee jy jouself kan besighou met die naweekkalender. Nadat jy uitgevind waarheen jy kan reis, deel Tanya de Vente-Bijker wenke oor HOE jy moet reis, met ‘Rondrits’. Onthou, dis reis met ‘n ‘ei’ en Tanya met ‘n ‘y’!

08:00 – 09:00, In hierdie uur kan jy uitsien na #GrootPoot waar ons gesels oor dieremaniere, -wenke, en –kalendernuus. Om 08:30 gee ons vir die ‘Glam Guru’, Hannon, geleentheid om jou met sy praktiese en stylvolle raad en idees toe te rus vir die komende naweek.

So…net op Saterdae? #SoNetOpSaterdae

DAE

    Saterdag

Close Menu