Gister Se Grotes – saam met Pieter Cloete

Gister-se-Grotes programbeskrywing:

#GisterSeGrotes bring vir jou tydlose vermaak met ‘n 4-uur-rit terug in tyd in op die ritme van jou gunsteling goue oues! Spandeer Sondae, van 09:00 tot 13:00 saam met die Bee gees, Staccatos, Cat Stevens en Eric Clapton – en nog meer musikale legendes! Musiek uit die 50’s, 60’s, 70’s en 80’s sal jou nostalgies laat in herinnering aan ‘n sentimentele herinnering en oomblik in die goeie ou dae – jou eerste dans, soen en selfs vinyl! Nie net gaan jy op reis na jou prille jeug toe nie, maar kry jy die geleentheid om ‘n liedjie aan te vra wat dan tussen 11:30 en 12:00 gespeel word deur die aanbieder en ou siel, Pieter Cloete, saam met die storie agter die ewige trefferliedjie. Stuur jou liedjie-versoek in en ook ‘n boodskap vir jou geliefde(s) tydens hierdie 4 uur lange avontuur.

Pieter Cloete 101:

Pieter is gebore op die 28 September 1979 in Buluwayo, Zimbabwe.

‘n Paar van sy gunstelinge:

Kos: Braaivleis en seekos

Kleur: Blou

TV-program: Ware lewensdramas en dokumentêre reekse

Naweek-aktiwiteit: Boeremark of bosveld toe!

Reuk: As die reën val op die bosveld-grond!

Dier: Luiperd

Pieter se gunsteling mens is sy vrou, Lezaan! Hulle het twee honde-kinders, Rocky en Echo. As daar ‘n vakansiebestemming is wat Pieter graag nog sou wou besoek, is dit die Hluhluwe-Mfolozi Natuurreservaat. Sy ‘celebrity crush’ is Katy Holmes en hy het ‘n groot soettand – veral vir koeksisters! Hy het ‘n groot passie vir medici, en natuurlik ook vir tydlose treffers!

DAE

    Sondag

OMROEPERS