Boodskappe LUISTER NOU

Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Bly op hoogte van regsake en interessante gespreke oor jou reg, saam met verskeie regskenners.

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies en om by GROOTfm 90.5 aan te sluit. Pieter nooi jou om Dinsdae-aande tussen 20:00 en 21:00 in te skakel vir die program ‘Reg of Verkeerd.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma, hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018. Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radio Awards in die kategorie: News & Actuality program.

DAE

    Dinsdag

OMROEPERS

Close Menu