
Saterdagmiddag – saam met Johanni Burger
‘n Terugsit-Saterdagmiddag waar raakvat-wenke, kos-inspirasie en bakgat musiek gespeel word – alles in vrolike luim. Skakel in en geniet ‘n saamgooi agtermiddag saam met Johanni Burger.
Laatwaai of Hokaai (13:00 – 14:00): Luisteraars kan tussen twee liedjies kies, een wat Johanni Burger mee moet hokaai en ‘n ander om mee te laatwaai.
#NouWatNou (14:00 – 15:00): Relevante, hedendaagse kwessies word bespreek en flink wenke word gedeel op ‘n ligsinnige wyse.
#BurgerEnTips (15:00 – 16:00): Daar word plaaslik, tussen streke en oor kontinente gereis vir interessante kos-dinge.
WieleBlitz (16:30): Die Wiele2Wiele span gee ‘n voorsmaak van hulle volledige program, wat beskikbaar is op hul Facebook-blad.