
#SlatDieSport – Saam met Stephen Nel en Arnold Geerdts
Wanneer die voltydse fluitjie blaas na 60 minute se intense spel, sal die weeklikse sportprogram, #SlatDieSport jou nie net ingelig laat nie, maar ook vermaak! Stephen Nel het reeds as kampusradio-omroeper sport aangebied en het ook al voorheen vir Supersport uitgesaai – hy het ’n groot liefde vir sport oor al die algemeen, maar hou BAIE van rugby. Arnold Geerdts bring sy ongekende sportkennis van meer as 40 jaar se sportuitsaai-ervaring na die etenstafel, en laat jou met ‘n vertoning wat vir almal voorsiening maak, of jy nou aan sport deelgeneem het, of dit vanuit jou sitkamer bekyk. #SlatDieSport is ‘n bogemiddelde, volgende vlak sportprogram waar jy kan verwag om ingelig te word met die jongste sportnuus, wedstrydplanne en tellingvoorspellings. Van die ‘agter die skerms’ kleedkamer tot aksie op die veld. Stephen en Arnold fokus op alle sportsoorte, oor alle tipes, ligas en geslagte heen. Wanneer hulle nie hul eie menings gee nie, nooi hulle die professionele persone en selfs groter kundiges uit om hul mening te lig. Hoëprofielgaste wat al op #SlatDieSport verskyn het, sluit in rugbylegendes soos Schalk Burger senior en Duane Vermeulen, MotoGP-kampioen Brad Binder, jong swemster Matthew Sates, SA Hall of Fame se Johnny Burger en Olimpiese marathonatleet, Gerda Steyn. Die program is vinnig, insiggewend en skrum nie weg van kontroversie of die ongewone nie. Kom ons sê net, jy sal vir ekstra tyd wil bly!
Stephen Nel 101:
Stephen is gebore op die 6 April 1990 in Johannesburg.
‘n Paar van sy gunstelinge:
Kos: Bykans alles behalwe olywe
Kleur: Swart en rooi (dit koppel sterk aan gunsteling sportspanne)
TV-program: The Office
Naweek-aktiwiteit: Rugby (kyk)
Reuk: Koffie
Dier: Ons schnauzer – Vasco
Arnold Geerdts 101:
Arnold Geerdts is gebore op 31 Maart 1962 in Springs.
‘n Paar van sy gunstelinge:
Kos: My vrou se volstruis vleis en pruime. Braaivleis en bierbrood en ’n goeie ou Surf & Turf met baie Avo by.
Kleur: Pers en royal blou…nie saam nie!
TV-program: Sport, enige sport.
Naweek-aktiwiteit: Sport, enige sport. Nee, eerlik waar, tyd saam met my dogters, Lily my vrou, Lileah (14) en Shiloh (9).
Reuk: Slegte of goeie reuke? Sleg onder twyfel finkel (fennel) kan dit nie verdrae nie, my kieste slaan sommer toe! Goeie reuk: braaivleis, vars koffie, vanilje en my vrou se parfuum.
Dier: My vrou se parfuum. Nee, ’n Cheetah, dis net om vir Ruben Delmage te irriteer.
Arnie se gunsteling sport om te kyk is atletiek en gholf. Om dit uit te saai ook. Sy gunsteling sport om te beoefen is hardloop. Hy is die grootste aanhanger van mense wat “anders” is en dink asook mense wat lewe soos God dit wil hê. Hy is ‘n familie-man, en luister graag na sy vrou…hoe dan anders? Ok, hy luister na Joe Niemand se musiek ook. Baie. Google die liedjie “Help” op Niemand se album “Back Again,” dan sal jy verstaan Sy grootste vrees is ‘n Bloubul-ondersteuner, in ‘n Bulle-trui, en ja, hy is ‘n Cheetah! Grappies-vertel is sy ‘super power’ en sy droom-vakansie is ’n bootreis op die QE II saam met sy familie reg om die wêreld.
#SlatDieSport aan jou gebring met die komplimente van We Buy Cars.