#SoNetOpSaterdae – saam met Sonet Stofberg

Geniet ‘n koppie koffie saam met Sonet, met ‘n ‘tee’…wanneer sy spek skiet, op eiers loop en toast op die lewe…lekker-omelet-pret – Saterdae-oggende, 06:00 – 09:00. Sonet Stofberg is gebore in Pretoria, maar getoë in KZN.

Sy het nog altyd ‘n liefde vir kommunikasie en musiek. En, watter beter platform om die twee liefdes te kombineer, as ‘n GROOT radiostasie? Die ander liefdes in haar lewe is die Here, haar man en familie, en haar honde, Moremi en Fiela.

Item Beskrywing
06:50 Mooimaak-wenke deur Suid-Afrika se Glam Guru, Hannon Bothma.
08:06 #RONDRITS: Tanya de Vente-Bijker deel weekliks reisnuus, handige reiswenke, en interessante reisstories. Sy gee wenke soos hoe om lig te pak, binne jou begroting vakansie te hou, moet weet dinge vir ‘n vakansie met kinders en deel ook interessante vakansie-idees met die luisteraars.
08:30 #GROOTpoot: ‘n Kort inset wat weekliks op verskillende aspekte van ons vierpotige-vriende en hulle versorging fokus. Van dieregedrag tot -gesondheid! Ons gesels ook nou en dan oor GROTER POTE met nuus vanuit die omgewing – onder andere met omgewingsaktivis Bonne de Bod.

DAE

    Saterdag