Boodskappe LUISTER NOU

Su-an en so aan en so aan… – saam met Su-an Müller-Marais

Su-an is ewe tuis voor die mikrofoon, op die verhoog en voor die kamera. Sy het ‘n Honneursgraad in Afrikaans en Nederlands, kan 4 musiekinstrumente bespeel en kan 7 verskillende diere se geluide maak! Sy is ook gereeld te sien as aanbieder op Die GROOT Ontbyt en is die trotse anker van die immergewilde aktuele leke-kletsprogram #KomOnsPraatDaaroor weeksdae 11:00-12:00 in haar programgleuf. Su-an is 3 jaar agtereenvolgend bekroon met ‘n ATKV-mediaveertjie vir Beste aanbieder by ‘n gemeenskapradiostasie. Skakel weeksoggende tussen 09:00 – 12:00 in vir ‘n reguit, skerp, alternatiewe blik op die lewe… en so aan en Su-an.

Weeksdae 9h30

#TerwylJyGeslaapHet: Interessante nuusgebeure (plaaslik en internasionaal) wat in die afgelope 24 uur gebeur het, ligte trant – soms vreemde/snaakse stories

Weeksdae 10h00

#SpreekLeweSA: Su-an deel ‘n inspirerende Bybelversie om oor Suid – Afrika uit te spreek OF enige ander inspirerende aanhaling of gedagte

Weeksdae 11h00 – 11h30

#KomOnsPraatDaaroor – aktuele kwessies van die dag word bespreek

Woensdae 10h45

#DinkJyDarmNogAanMy: Su-an gee leidrade oor ‘n bekende persoon en die luisteraar moet raai wie dit is; interessante feite van die persoon volg…

DAE

Close Menu