
Vroegoggend – saam met Pieter Cloete
Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, groet Pieter jou elke weeksoggend om 5uur met lekker musiek, nuus en verkeer.
In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradio-kategorie ‘Best night-time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’.
In 2018 was hy ook ‘n finalis by die RDMA (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma.
ATKV-mediaveertjies (2018,2019) finalis in die kategorie: Beste omroeper by ‘n gemeenskapradiostasie.
Liberty Radio Awards, (2017 & 2019) finalis in die afdeling: Beste aandprogram in die week.
Item | Beskrywing |
05:00 | Nuus en Weer |
05:12 | Verkeer |
05:30 | Nuushooftrekke en weer en verkeer |
05:32 | Oggend inspirasie (Janlu Kuyler, Lindie Strydom, Marno Boshoff, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom, Zander van der Westhuizen) |
05:42 | Verkeer |