GROOTfm 90.5 vier die lente-seisoen met ’n opwindende nuwe programskedule.
Vanaf 1 September gaan die luggolwe gevul wees met nuwe energie, bekende én nuwe stemme, en hersiende kreatiwiteit, alles inlyn met GROOTfm 90.5 se mandaat, ‘vermaak wat ’n verskil maak’. Elke weeksdag, regstreeks na jou radio, werk toe, huis toe en oral tussenin!
Sluit vroegoggend aan by Charonike Nel en die 5-uur Klub!
Ja, om vir jou wat reeds aan dié klub behoort en die dag vroegoggend trompop loop te vermaak
en in te lig van nuusgebeure en verkeer. Charonike was vir die afgelope twee jaar die aanbieder van Die GROOT Brekfis oggend
‘drive’-program saam met Ruben Delmage wat besluit het om sy oorfone vir eers op te hang.
Charonike spog met 17 jaar se radio-ondervinding, waaronder stasiebestuurder van PUKfm tussen haar vele akkolades strek.


Dit is tyd vir ONTBYT saam met Doepie en Nina!
Jacques Du Preez en Nina Coetzer, voormalige aanbieders van Die GROOT Trek middag ‘drive’ neem die leisels by Charonike oor vir ONTBYT!
Vanaf 06:00 tot 09:00 bring hierdie dinamiese duo vir jou ‘n energieke ontbytprogram propvol musiek, aktualiteit, hope humor en ook stories van hoop. ’n Program wat soos hulle sê, harder skop as ’n double espresso!
Vergeet wat jy weet van
tradisionele oggendradio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.
Vaar die Mid-Oggend in met Sarina Bosman!
Die GROOTfm 90.5-span is baie opgewonde oor ’n splinternuwe omroeper, dog ’n baie bekende en befaamde stem en persoonlikheid in die uitsaaiwese, Sarina Bosman.
Sarina was die afgelope 13 jaar omroeper by Pretoria FM.
Mid-oggend saam met Sarina, jou mid-oggend-metgesel, van 09:00 tot 12:00, gaan jou gemoed rus gee, met ‘n gemaklike kuier propvol interessante onderwerpe, musiek en
luisteraarsinteraksie. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker.
Sy deel belangrike en interessantenuusberigte en bring ’n gesellige atmosfeer waarin jy kan tuis voel.


Annelie Bouwer sê vir jou MIRRAG!
Na Bosman is dit Bouwer, Annelie Bouwer! Annelie, wat voorheen die aanbieder van Brunch Met Annelie was, verruil nou haar brunch vir lunch met MIRRAG! Sy waarborg dat daar van nuus tot nonsens gepraat gaan word, en verwys na haar program as “middag, net met meer houding en minder admin!" Hierdie program is jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuistafel sit en kuier.
Annelie is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het!
ROUTE 326 saam met Francois en Anelma vat jou huis toe!
Na ’n lang, besige dag, het jy twee tipe tonikums nodig – Francois van Rensburg en Anelma van Heerden.
Hulle neem jou op Route326 op pad na jou middag-bestemming – hetsy dit huis óf die volgende werkskof is. Route326 saam met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Van 15:00 tot 18:00 is dit tyd vir groot gesels, vermaak, verkeer en nuus oor alles wat in jou wêreld aangaan – bedien met styl en humor.
Francois was voorheen die aanbieder en anker van die Lunch Punch tussen 12:00 en 15:00, en Anelma, was vir die afgelope twee jaar nou betrokke by GROOTfm 90.5 as omroeper van die
aand- en vroegoggend-program. Francois en Anelma beloof ’n program wat beter is as Britney in haar prime…!


Venita sit die VIBES in jou week met Weeksdae Vibes!
Venita Engelbrecht bly in haar aanbiederspos as die ‘vibey’ Weeksdae Vibes-aanbieder, en kan luisteraars nóg meer energie van Venita verwag, weeksaande tussen 18:00
en 21:00. Sy hou veral die jonger luisteraars geselskap met ‘n alternatiewe -en country-fokus, gepaardgaande met nuwe vrystellings van ons jonger en opkomende kunstenaars.
Venita waarborg dat die program LEKKERDER is as jou midnight snack, en moedig haar gehoor aan om harder te lag, minder te stres en GROTER te leef!
Wat naweke betref, het jy elke Saterdag tussen 06:00 en 09:00 ‘n Naweekbrekkie-date
saam met Divan van Wyk, vier jy Kwartoor Saterdag saam met Maynie Kasselman tussen 13:00 en 17:00, en Sondagmiddag, ontspan jy saam met Elrica Smith, ’n nuwe omroeper op die programskedule wat die afgelope paar maande as instaanomroeper by GROOTfm 90.5 gedien het.
GROOTfm 90.5 wil net NOG groter gaan, met ’n speellys wat Afrikaans praat!
Met ’n mandaat wat ’n verskil maak!
Wat sy gemeenskap impakteer deur die Verlossingskrag van Jesus Christus. Wat bo alles, betekenisvolle radio maak! Van Pretoria tot die Wêreld, wil hierdie omroeperspan jou fees- én Gees-fasiliteerders wees! Skakel in vir
bekostigbare terapie, vir geselskap om jou braaivleis- én kaggelvuur. Enigetyd van die dag en week vir hope hoop, geloof en liefde!
GROOTfm 90.5 gaan GROOT in…
Jesus Christus. VERMAAK. Waarheid. Uitsaai. Insaai. Omgee. Televisie. Radio. Kommunikasie.
VISIE. Lag. Koninkryk. Bewusmaking. Betekenisvolheid. Relevansie. Braai.
VERSKILMAAK. Mense. Verhoudings. Diere. Gemeenskap. Inhoud. Impak. INVLOED.
Musiek. Kunstenaars. Uitvoerende Kunste. Vriendskap. Smaak-makers. Nederigheid.
Familie. Skrywers. Diensbaarheid. Betroubaarheid. Media. Digters. Afrikaans.
Kliëntediens. Kommunikasie. Geloofwaardigheid. Sing. Dans. Vriendelikheid.
Kwaliteit. Suid-Afrika. GEBED. Opvoeding. Nuus. Inspirasie. Kreatiwiteit.
GEE-leenthede. Koffie. Dissipline. Sagmoedigheid. Akteurs. Spanwerk.
Insiggewende gesprekke. Aktualiteit. LIEFDE. Egtheid. Opregtheid. Respek.
Integriteit. ALLES. WAT. ONS. DOEN!
Word deel van die GROOT-familie! Waar daar altyd plek is vir jou, en vir NOG!
Luister na GROOTfm 90.5 op frekwensie 90.5, via hul webtuiste, grootfm.co.za en die
GROOTfm 90.5-toep – beskikbaar op Apple en Google Play Store.







