“SKOOL MET DIE GROOTSTE GEES” 2023
In 2023 het GROOTfm 90.5, saam met Gys Pitzer Motoring as hoofborg, weer GROOT gegaan met Gees EN Gee, met 9 hoër- en 11 laerskole wat
onderskeidelik hul GROOTste Gees EN Gee gewys het! Tussen 10 Februarie en 29 September 2023, het GROOTfm 90.5 elke Vrydag tydens Die GROOT Brekfis,
tussen 6 en 9vm, regstreeks vanaf deelnemende skole uitgesaai.
GROOTfm 90.5 is baie dankbaar aan elke leerder en onderwyser, ouer en borg wat vroegoggende vreesloos saam met ons aangepak het.
Aan almal wat deelgeneem en saam heupe geswaai het, en die moeite wat elke skool gedoen het om ons Vrydae op ‘n GROOT, en klipharde noot, te begin!
‘n Totaal van 117 812 goedere is ingesamel met die Gee-element, en tussen 25 aksies en organisasies versprei.
Baie, baie dankie! As jy wil deelneem aan volgende jaar se veldtog, stuur ‘n epos na sonet@grootfm.co.za.
Hier is die bewyse van HOE GROOT die skole se gees en gee was…
Kyk die amptelike musiek video hier!