GROOTfm 90.5 stel bekend: GROOT ‘Battle of the Bands’!

Dis soos “School of Rock”, net GROTER! Die bands kom kuier op Vrydae-middae

vanaf 26 Mei in die ateljee saam met die #GROOTtrek-span tussen 16:00 en 17:00 vir ‘n regstreekse onderhoud.

Kyk hier na die finaliste se musiekvideos.

Katarsis - 26 Mei 2023

Ons bestaan uit vier lede. Ons dromspeler, Heinrich Coetzer, hy in vier maande leer dromme speel en is maklik een van die mees musikale lede in die band. Ons sanger, Jano Meiring is Gr 11 en is die nuutste lid van Katarsis wat verlede jaar November deel van ons band geword het. Franko Olivier, een van ons kitaarspelers, is tans in matriek en was een van die stigterslede van die band. Die ander kitaarspeler, Emile Blaauw, is ook in Gr 12 en die ander stigterslid. Ons maak musiek, want dis vir ons lekker!

The Creeks - 2 Junie 2023

Ontmoet ‘n alternatiewe band - The Creeks - wat saam op hulle naam besluit het deur die voorletter van elke lid se naam te gebruik om díé akroniem te vorm. Christian, Kenan, Eli en Sybrandt het mekaar gedurende hulle groentjie-konsert in 2021 ontmoet. Kort daarna het Reinhard saam met hulle deksnitte begin uitvoer. Uiteindelik het hierdie manne saam band-musieklesse by SuperMuso begin neem, en hul eerste optrede geniet. Dis ook hier waar hul finale lid, Ethan, bygekom het. The Creeks skryf hul eie liedjies met die missie om musiek met ‘n passievolle

energie met die wêreld te deel - so luister graag uit vir hulle!

Revivalist Republic - 9 Junie 2023

Ons is 'n dinamiese seslid-band, wie se passie vir musiek, die kerkbediening en hunkering na volheid sing en leef, 'n diep opregte kameraadskap tussen ons skep. Ons is almal in verskillende skole, alhoewel party van ons mekaar al ken vandat ons in doeke was. Ons band het eintlik begin as, en is nogsteeds Oasis Revival Ministry se jeug band. Al het ons nie die band oorspronklik gestig nie, is ons nie net mekaar se “bandmates” nie, maar ons verkies mekaar se geselskap, self wanneer ons mekaar soms uitdaag. Ons het 'n sterk band, en ons dinamika voel soos n hegte familie. Revivalist Republic hoop dat hulle klank mense sal laat voel, dat dat daar meer in die lewe is, as om net te leef.

Sudden Ray - 23 Junie 2023

Ons splinternuwe band se lede het vir drie dae afsonderlik geoefen aan ‘n deksnit. Die 22ste April kom ons die eerste keer bymekaar vir die opname en besef dat ons ‘n oorspronklike liedjie moet inskryf. Ons maak toe ‘n baie skielike plan. Ons het ‘n liedjie in een uur geskryf en opgeneem vir die GROOTfm 90.5-kompetisie. So het “Sudden Ray” (R(yle), A(bigail) en Y(olaine)) ontstaan. Ryle (12), op dromme, ontvang die afgelope 5 jaar lesse by

LifeBeat Music Academy, hy speel vir die SA Blues Society en het al vir groot name soos Bok van Blerk geopen. Abigail (17) sing en speel kitaar vir die afgelope agt jaar en neem gereeld deel aan kunstefeeste. Yolaine (14) op kitaar en backing vocals kry vir ses jaar kitaar- en sanglesse by OvieVibz en speel in haar kerk se tiener aanbiddingsgroep.

OverZealous - 30 Junie 2023

Lisa Taylr is 17 jaar oud en sing al vir meer as 10 jaar. Sy hou van musiekskryf en haar gunsteling band is "The 1975". Ruan Nel (16) speel al vir 10 jaar kitaar, en hy hou van “rock”-musiek.  Hy sing ook graag en hou daarvan om sy eie liedjies te skryf. Dominic Mcnabb (15) het begin dromme speel toe hy twee-jaar oud was. Behalwe vir musiek, is Dominic ook baie passievol oor elektronika. Dwayne Mcnabb (11), is Dominic se broer, wat hom geïnspireer het om homself te begin leer om kitaar te speel toe hy ses was.

4 Eva Young Band - 6 Julie 2023

Die “4 Eva Young”-band bestaan uit vier

talentvolle kinders!

*Zandri Bezuidenhout (11) Drommer

*Reuben Herbst (11) Baskitaar-speler

*Caitie Rock (13) Sanger en Ukulele-speler

*Johan Van Rooyen (13) Sanger en kitaarspeler

Die band het ontstaan nadat Caitie en Johan albei aan ‘n sangkompetisie deelgeneem het, en albei hul onderskeie katogorie gewen het. Al vier lede het ‘n passie vir musiek en oefen weekliks saam. Hulle is in verskillende skole in die vaaldriehoek, almal is baie sportief en blink ook uit op akademiese gebied. Hul leuse is, “ If your dreams don’t scare you, they aren’t big enough!”

Suits - 14 Julie 2023

Miko Ferreira (sanger) – My passies is sing, eet, teken en slaap. Selfs as ek rugby speel, sing ek. Ek is 'n kultuur-vampier! Dourend Geldenhuys (hoof-kitaarspeler) – Die man met die groen kitaar en die

pienk pak. Ook die graad se wiskunde-meester. Die band se kitaar-baas. John Kleynhans (drommer) – John is definitief ons band se "rofste” lid. Sy passie is om dromme te speel en natuurlik RUGBY.


LJ Olivier (klavier speler) is die gom van die band! Hy is ‘n vurige rooikop met 'n passie vir die klawers.

Anthony de Franca is beslis die stilste lid van die band, maar staan vir geen kitaarspeler in die wêreld terug nie. Die woord wat hy die meeste gebruik is "jammer"!


Die Straatkat Band - 21 Julie 2023

Die Straatkat-band het begin met die Lynnwood Laerskool Lokfees (Kultuur fees) in 2022. Eers was daar vier manne (Die Vier-outjies) wat opgetree het.

Later het ons nog twee lede by gekry. Altesaam is ons nou ses. Vyf van ons is leerders van Lynnwood Laerskool en ons hoof-kitaarspeler is van Tygerpoort

Laerskool. Hoekom ‘Straatkat’? Katte is lief vir sing, hulle is "streetwise", en hulle is cool! Ons het al by verskeie geleenthede in en om Pretoria opgetree en ons groei voort. Ons sê dankie vir Hennie Meyer wat

ons liedjie, “Ek waardeer haar”, geskryf het vir ons Battle of the Bands-inskrywing.