#JouMenseMyMense – Sáám is ons beter!

“Vermaak wat ‘n verskil maak” is nie net deel van GROOTfm 90.5 se mandaat, visie en missie nie, maar dis ook ons hart. Ons WIL ‘n #GROOTverskil maak, van die uitsaai, tot die insaai. 

 

#JouMenseMyMense is ‘n weeklikse insetsel waar ons die geleentheid kry om iemand se storie te vertel. Om iemand se uitdagings, maar ook oorwinnings te deel. Om iemand daaraan te herinner, dat God jou nooit sal verlaat nie. Dat Hy vir jou lief is! Meer as wat jy ooit sal weet. Dat Hy, en ons jou raaksien. Jou, saam met jou omstandighede. Dit wat die lewe so onverwags op jou pad gebring het. En, bo alles, dat jou omstandighede nooit GROTER as jou identiteit in Christus Jesus sal wees nie.

 

#JouMenseMyMense is nie net ‘n geleentheid vir iemand om oor God se goedheid en guns te getuig nie, maar ook vir jou wat luister, ‘n GEEleentheid te bied om betrokke te raak. Om ‘n bydrae tot iemand se oorwinningsverhaal te maak.

 

As jy weet van iemand wat deur ‘n uitdagende tyd gaan, stuur ‘n epos na omgee@grootfm.co.za. Vertel vir ons die storie wat jy wil hê ons moet vertel. Kom ons vergroot perspektiewe, herinner mekaar aan die GROTER prentjie, en besef elke dag die verantwoordelikheid wat ons het om fasiliteerders van Sy guns te wees. Ligdraers van Sy lig. 

 

Indien jy ‘n skenking aan GROOTfm 90.5 se omgee-fonds van meer as R5 000 wil maak, kwalifiseer jy vir ‘n 18A-sertifikaat. 

 

GROOTfm 90.5 se “Jou mense is my mense” en sáám is ons beter!

Weeksdae op Die GROOT Trek tussen 17:00 en 17:30.

As jy saam met GROOTfm 90.5 ‘n #GROOTverskil

en ‘n finansiële bydrae wil maak, sien bankbesonderhede

hieronder:

 

Bankbesonderhede vir Hoopstoot donasies:

GROOT OMGEE PROJEK NPC

ABSA Cheque/tjek nr : 409 754 3378

Branch/Takkode: 334510

Swiftcode: ABSAZAJJ

18A-sertifikate kan uitgereik word vir bedrae van meer

as R5 000.