Het jy ’n STEM vir radio?

Hoewel daar nie altyd poste beskikbaar is nie, doen ons stemtoetse vir instaan-omroepers wat uithelp vir wanneer ons omroepers met verlof of siek is, of om persone te identifiseer wat ons kan gebruik vir stemwerk. Kinderstemme is ook baie welkom maar moet vergesel word van ‘n ouer of wettige voog wat te alle tye betrokke sal wees.

As jy dus belangstel in omroeperswerk, kan jy die volgende doen (ons volg dieselfde proses met almal wat navraag doen):

Stuur ‘n stemnota (voice note) en jou CV via epos na info@grootfm.co.za waarin jy meer oor jouself vertel en waarom jy in radio belangstel. Dit kan ongeveer 1 minuut lank wees, met ‘n grootte van maksimum 8MB.

Indien ons dan meer wil hoor, nooi ons jou vir ‘n stemtoets by ons ateljee. Ons inhoudsbestuurder sal in daardie geval met jou opvolg om ‘n datum en tyd met jou te bevestig en die nodige reëlings met jou tref.