‘Krismis vir Kinders’ is TERUG!
In 2022 het GROOTfm 90.5 in samewerking met die ‘Community Christmas Project’ PTY LTD (‘n nie-winsgewende organisasie
gestig deur Best Care Ambulans Dienste) EN jou hulp, 32 000 geskenk- en bederfpakkies aan die
gemeenskappe van Pretoria-Wes, Noord en die Moot-area uitgedeel.
Van kinders en bejaardes, tot hul troeteldiere.
Met jou hulp, geliefde lede van ons GEEmeenskap, beoog GROOTfm 90.5 en CCP om weer duisende individue te bederf met
geskenkpakkies wat insluit lekkers, ‘n Bybel, koffie, koekies, skryfbehoeftes,
en vir ons bejaardes, ‘n ekstra pilhouer. Hierdie jaar, gaan ons nog groter, met nog
VIER ander organisasies wat by die veldtog aansluit. Die doelwit-bedrag vir vanjaar se VYF onderskeie uitreike is R750 000.
Die uitreike wat vanjaar ondersteun word deur die dryf en veldtog is; CCP (32 000 pakkies; 6 areas),
Kilnerpark Sekuriteit (7 500 pakkies; 5 areas), Wonderboompoort (6 000 pakkies;
2 areas), Hercules CPF Sektor 4 (500 pakkies, 1 area) en Capital Park se #Santasquad (6 000 pakkies, 1 area).
‘n Totaal van 52 000 pakkies gaan aan kinders en volwassenes versprei word in Desember! Wil jy deel wees hiervan?
Die sluitingsdatum vir finansiële bydraes is op 31 Oktober, aangesien die pakkies nog gepak moet word.
Indien jy nie finansieel kan betrokke raak nie, en goedere soos skryfbehoeftes, lekkergoed, foto- en videografie-dienste,
en drukwerk kan borg, kontak vir info@grootfm.co.za.
Vir die volledige skedule en roetebeplanning, besoek ccproject.co.za.
Die uitvloeisel van jou skenking maak ALLES NET NOG GROTER!!!!!!!!
KLIK HIER en maak saam met GROOTfm 90.5
en CCP ‘n NOG GROTER verskil!
Hier is die volledige roete vir 2023: