Ons motto was nog altyd “GROOT in die klein” geskoei op Mat.25 se “sover julle die klein dingetjies (soos ‘n broodjie of slukkie water deel) aan die geringste van mense gedoen het, het julle dit aan Jesus gedoen.”  Ons wil te midde van die oorweldigende nood en binne die groter prentjie van wat werklik saak maak, nooit nalaat of moeg word om die klein dingetjies getrou met groot liefde aan te pak nie!

En daarom gaan ons hierdie jaar, in plaas van ‘n groot gesamentlike projek op een plek, soveel as moontlik mense aanspoor om elkeen op hulle unieke manier sy/haar “plek van invloed” (omgewing, werk, skool, kerk, gemeenskap) met ‘n klein (of groot) gebaar van omgee ten goede te gaan beinvloed… sodat ons uiteindelik eendag kan sê:  ek het die straat of gemeenskap waar ek gewoon het, selfs die vakansieplek waar ek gaan rus het, die werkplek of kerk waar ek gedien het en die skool waarvan my kinders deel was saam met elke mens wat my pad gekruis het - beter gelos as wat ek dit/hulle gekry het #LositBeter

Klik hier vir meer inligting