5to9 – saam met Venita Engelbrecht

5-9 met Venita Engelbrecht programbeskrywing:

In die week werk jy van 9-5 en op `n Saterdagaand rock jy van 5-9 saam met Venita Engelbrecht. Hou jou dansskoene naby want deur die hele program gaan jy saam sing, dans en rock met die Rock Oldies. Musiek en goeie herinneringe loop hand aan hand, so deel jou gunstelinge met Venita.

Venita Engelbrecht 101:

Venita is gebore op die 8ste Oktober in 1998.

‘n Paar van haar gunstelinge:

Kos: Nachos

Kleur: Swart /Donker kleure

TV-program: Superstore

Naweek-aktiwiteit: Uitsaai en musiekkonserte bywoon

Reuk: Braaivleisvuur

Dier: Honde

Buiten radio en die uitsaaiwese, is Venita se ander liefdes in haar lewe my 3 honde-babas en om vreeslik baie musiek te luister. Sy droom van ‘n besoek en reistog na Tokyo, Japan, en wanneer sy nie werk nie, hou sy haarself besig met tyd saam met haar vriende of ouers. Haar “celebrity crush” is Chris Martin, en haar gunsteling musiekgroep /kunstenaar is Passenger. Haar versteekte talent is dat sy kan “tap dance” en as sy in ‘n sirkus sou werk, sou sy verantwoordelik wees vir die “clumsy mime”-vertoning. Eendag as sy groot is, wil Venita graag ‘n GROOT naam in die radio-bedryf wees.

DAE

    Saterdag