5-Uur Klub met Charonike

#5uurKlub programbeskrywing:

Word wakker saam met Charonike Nel, weeksdae van 5 tot 6vm. Jy gaan nooit weet wat om te verwag nie, behalwe dat jy jou dag op die beste EN GROOTste manier gaan begin! Selfs al lê jou dag soos ‘n berg voor jou, sal Charonike jou laat saam lag, dink, raai en sing!

Charonike Nel 101:

Charonike is gebore op die 2de Oktober 1990 in Richardsbaai.

‘n Paar van haar gunstelinge:

Kos: Steak en wildsbiltong

Kleur: Rooi

TV-program: The Newsroom, The West Wing en Parks and Recreation

Naweek-aktiwiteit: Lees en probeer gholf speel

Reuk: Varsgemaakte koffie

Dier: ‘n Krokodil en ‘n kat

Een van haar ‘bucket list’-items is om ‘n vertoning te kyk by die Grand Ole Opry in Nashville, Tennessee. Haar grootste vrees is ‘pugs’, en haar ‘happy place’ is by haar vriende. Haar gunsteling sê-ding is ‘uit die aard van die saak’ en sy is mal daaroor om lelik te lag!

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag

OMROEPERS