
Brunch – saam met Annelie Bouwer
Tydens Brunch met Annelie gaan sy jou dag opkikker met lekker musiek en goeie geselskap en jou daai nodige energie-inspuiting gee om jou deur jou werksdag te kry.
Maandae
09:30 Die Rooikopwaarheid – Annelie deel drie stories wat op sosiale media die rondte doen. Twee is fopnuus en een is die waarheid. Jy moet kyk of jy die fopnuus van die ware nuus kan onderskei.
Dinsdae
09:30 GROOT 20 Recap
10:30 Ser-I-Jas – Annelie speel ‘n GROOTfm-omroeper of bekende persoon se ‘onpopulêre opinie’ en gee jou as luisteraar die kans om daarop te reageer…stem jy saam met die persoon se opinie of wil jy met verbasing en opgetrekte wenkbroue vra; ‘Ser-I-Jas’?
Woensdae
09:30 #SpreekLeweSA – Ons staan so bietjie stil in God se Woord…
Donderdae
09:30 Jou Mense My Mense
10:10 Uit die mond van die suigeling – Annelie vra ‘n vraag vir ‘n kleuter of peuter en jy moet kyk of jy kan raai wat die kindjie se antwoord was.
10:10 Elke laaste Donderdag van die maand – Praat, ek luister – Annelie fokus op uitdagings wat jy dalk mag ondervind en help jou met die hulp van ‘n kenner om in hierdie uitdagende tye die situasie en emosies te hanteer.
Vrydae
09:30 GROOTskerm – Jou weeklikse fliek-resensie, fliek-vasvrae, -speletjie of onderhoude met akteurs.