ONTBYT met Doepie en Nina
#ONTBYT programbeskrywing:
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.
Doepie du Preez:
Doepie se grootste vrees is slange, en as hy kon kies om ‘n ‘superpower’ te hê was dit om gedagtes te kon lees. Sy ‘celebrity crush’ is Sandra Bullock, Taylor Swift en Dua Lipa, en plekke wat hy graag eendag sal wil besoek is Jamaica, Kuba en New York. Sy versteekte talent? Om stereotipes na te boots…bv. Magdaaaaaa en sy Meksikaanse Radio-omroeper!
‘n Paar van sy gunstelinge:
Kos: Enigiets ‘spicy’, veral Indiese tipe kos
Kleur: ‘Burnt orange’
TV-program: Geskiedkundige dokumentêre en oorlogsgebasseerde films
Naweek-aktiwiteit: Valskermspring en uitstappies na die bos
Reuk: ‘n Hardekool-vuur wat brand
Dier: Luiperd
Doepie se grootste vrees is slange, en as hy kon kies om ‘n ‘superpower’ te hê was dit om gedagtes te kon lees. Sy ‘celebrity crush’ is Sandra Bullock, Taylor Swift en Dua Lipa, en lande wat hy graag eendag sal wil besoek is Jamaica, Kuba en New York. Sy versteekte talent? Om stereotipes na te boots…bv. Magdaaaaaa!
Nina Coetzer:
Nina is gebore op die 26ste Januarie in Kaapstad. #Stormer
‘n Paar van haar gunstelinge:
Kos: Nacho’s
Kleur: Groen
TV-program: Survivor
Naweek-aktiwiteit: ‘n Draffie saam met Lana.
Reuk: Die vars seebriesie
Dier: ‘n Dolfyn
Nina se ‘celebrity crush’ is Rafael Nadal…sy wou nie Federer uitbrei nie…! Sy kannie wag om haar liefde vir ski in die sneeu aan haar dogtertjie oor te dra nie. Sy is bang vir NIKS maar gril wel ongelooflik baie vir rotte. Sy is die liefste vir tyd saam met haar man en dogtertjie, familie, vriende en werk…en haar droom ‘date’ is enige plek saam met Jakkie, ‘bubbly’ en liggies!
