Route326 met Francois en Anelma

Route326 programbeskrywing:

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG’s en die VIP’s en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.

Anelma van Heerden 101:

Anelma is gebore op die 30ste Junie 1995 in Pretoria.

‘n Paar van haar gunstelinge:

Kos: Nacho’s

Kleur: Geel

TV-program: The Office

Naweek-aktiwiteit: Slaap of PlayStation

Reuk: Vanilla

Dier: ‘n Olifant

Anelma se ‘happy place’ is in die Knysna-woud, sy sal graag nog drie tale wil leer praat, en haar droom ‘date’ is om ou televisies met ’n baseball bat stukkend te slaan saam haar man! As sy nie ‘n loopbaan in drama en uitsaaiwese gevolg het nie, sou sy graag ’n skoenlapper wou wees. Sy luister graag na alternatiewe ‘rock’ en haar grootste vrese is spinnekoppe en mense wat aantrek soos clowns. Haar droomvakansie is in Griekeland en sy bewonder Jesus!

Francois van Rensburg 101:  

Francois is gebore op die 24 Februarie 1990 in Bethal.

‘n Paar van sy gunstelinge:

 Kos: Seekos

Kleur: Turquoise

TV-program: Squid Game

Naweek-aktiwiteit: Staptogte (‘hike’)

Reuk: Die reuk van vryheid

Dier: ‘n Ietermago

Francois van Rensburg is ‘n veelsydige radio-aanbieder, vryskut-akteur en deeltydse sanger met ‘n groot passie vir musiek. Sy ‘celebrity crush’ is Patricia Lewis. Sy idee van ‘n droom ‘date’ is ‘n piekniek in die berge, en sy grootste vrees is skerp voorwerpe. Hy sal graag eendag Switserland wil besoek en die land verken deur middel van ‘n treinrit. Hy drink graag rooibostee met heuning en sy beste vriend is die akteur Luan Jacobs. Francois neem deel aan radiodramas en sou graag die wyle Johannes Kerkorrel wou ontmoet.

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag