
Gister se Grotes – saam met Francois van Rensburg
Gister-se-Grotes programbeskrywing:
#GisterSeGrotes bring vir jou tydlose vermaak met ‘n 4-uur-rit terug in tyd in op die ritme van jou gunsteling goue oues! Spandeer Sondae, van 09:00 tot 13:00 saam met die Bee Gees, Staccatos, Cat Stevens en Eric Clapton – en nog meer musikale legendes! Musiek uit die 60’s, 70’s, 80’s en 90’s sal jou nostalgies laat in herinnering aan sentimentele oomblikke en die goeie ou dae, soos jou eerste dans, soen en selfs vinyl! Nie net gaan jy op reis na jou prille jeug toe nie, maar kry jy die geleentheid om ‘n liedjie aan te vra wat dan tussen 12:00 en 12:30 gespeel word deur die aanbieder en ou siel, Francois van Rensburg, saam met die storie agter die ewige trefferliedjie. Stuur jou liedjie-versoek in via ons webblad (grootfm.co.za) of ‘n boodskap vir jou geliefde(s) tydens hierdie 4 uur lange avontuur.
Francois van Rensburg 101:
Francois is gebore op die 24 Februarie 1990 in Bethal.
‘n Paar van sy gunstelinge:
Kos: Seekos
Kleur: Turquoise
TV-program: Enige dokumentêr / Autobiografieë
Naweek-aktiwiteit: Staptogte (‘hike’)
Reuk: Vars buitelug-natuur-reuke (die reuk van berge en see)
Dier: ‘n (soet) Hond
Francois luister graag na ‘storie-liedjies’ en is self ‘n musikant en liedjieskrywer. Sy ‘celebrity crush’ is nog steeds Patricia Lewis. Sy idee van ‘n droom ‘date’ is ‘n piekniek in die berge, en sy grootste vrees is skerp voorwerpe. Hy sal graag eendag Switserland wil besoek en die land verken deur middel van ‘n treinrit. Hy drink graag rooibostee met heuning en sy beste vriend is die akteur Luan Jacobs. Francois neem deel aan radiodramas en sou graag die wyle Johannes Kerkorrel wou ontmoet.