#GROOT20 in Afrikaans- saam met Jacques Erasmus

#GROOT20 in Afrikaans programbeskrywing:

 Saterdae se #GROOT20 in Afrikaans is ‘n twee-ure trefferparade wat die GROOTste 20 liedjies in Afrikaans speel. Tussenin kan jy ook nuwe vrystellings geniet. ‘Uit die Boonste ratte’ tussen 12:00 en 13:00 is ’n fokus op motorsport en alles wat tans in die motorindustrie gebeur. Van Lamborghini’s tot ‘n Renault Kwid, daar is niks wat deur Jacques Erasmus misgekyk word nie. Maak seker jy skakel in tussen 09:00 en 13:00, en dat jy ingeskakel bly!

Jacques Erasmus 101

Jacques is gebore op die 19de April 1986 in Harties.

‘n Paar van sy gunstelinge:

Kos: Steak of biltong

Kleur: Navy-blou

TV-program: Enige dokumentêr

Naweek-aktiwiteit: Fietsry, gholf en braai!

Reuk: Varsgesnyde gras

Dier: ‘n Hond

Jacques Erasmus het van jongs af `n passie vir musiek gehad en het op die ouderdom van 14 begin kitaar speel. Op ‘n 15-jarige ouderdom het hy met ander instrumente eksperimenteer. Jacques sal baie graag eendag op St Andrews gholfbaan in Skotland wil speel, en hy het nie eintlik ‘n vrees nie. Hy is net nie baie mal oor slange en sy bankrekening nie. As iemand Jacques se lewe in ‘n rol vertolk sal dit George Clooney wees. Sy ‘celebrity crush’ is Ariana Grande en sy droom-vakansie is na die noorde van Viëtnam. Jacques is ‘n kranige en talentvolle sportman en op skool het hy floreer in veral krieket – waar hy tot op provinsiale vlak kompeteer het. Sy gunsteling musiek is 70’s en 80’s ‘rock’!

DAE

    Saterdag