
GROOTtrauma
GROOTtrauma programbeskrywing:
Elke Woensdagaand, 20h00-21h00 gaan Venita en dr Jaco van Niekerk jou op hoogte hou van die nuutste mediese nuus, interessante medies gefokusde gesprekke en onderhoude asook jou mediese kennis toets met ‘n mediese vasvra.
Dr Jaco van Niekerk is ‘n mediese dokter met sy eie praktyk in Montana en is ook die direkteur van Traumed 24 by Netcare Montana Hospitaal, hy is al vir die afgelope 8 jaar deel van die #GROOTtrauma-span. Venita het ’n BSc-graad in Menslike Fisiologie, Genetika en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en beskik ook oor ’n Honneursgraad in Sielkunde met spesifieke fokus op Voorligtingsielkunde.
Hierdie dinamiese span is gereed om elke Woensdagaand hulle kennis met jou te deel, so skakel in om te verseker jy mis niks!!