MIRRAG met Annelie

Programbeskrywing van #MIRRAG:

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!

Annelie Bouwer 101:

Annelie is gebore op die 30ste Julie 1986 in Groblersdal.

‘n Paar van haar gunstelinge:

Kos: Kolwyntjies

Kleur: Meer as een…Groen, pers en rooi

TV-program: Friends

Naweek-aktiwiteit: kuier!

Reuk: Vars-gebakte brood

Dier: Luiperd

As Annelie ‘n alternatiewe loopbaan kon volg, sou sy graag ‘n ballerina wou wees. Haar grootste vrees is swaar weer en spinnekoppe! Haar ‘celebrity crush’ is Jake Gyllehaal en haar ‘happy place’ is die see. Sy het ‘n geweldige ‘bucket list’ en een van die items sluit in om in ‘n ‘gripen’ vegter-vliegtuig te vlieg. Annelie se gunsteling sê-ding is ‘anyway’, en haar gunsteling slagspreuk is, “I am the captain of my soul, I am the master of my fate”.

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag