
Lunch Punch – saam met Francois van Rensburg
Programbeskrywing van #LunchPunch:
#LunchPunch is ‘n hoë energie, prettige en relevante middagprogram wat aangebied word deur Francois van Rensburg, weeksdae tussen 12:00 en 15:00. #LunchPunch vermaak en lig gelyktydig in. Aangesien die program in die middel van die dag is, motiveer Francois jou om moeiteloos deur die tweede deel van jou werksdag te kom, gepaardgaande met goeie geselskap en selfs nog beter musiek. Hy hou jou op hoogte van nuus, relevante besprekings, onderhoude met ‘n wye spektrum gaste, asook uurlikse verkeersverslae en weerberigte. Die #LunchPunch is ‘n definitiewe ‘uitklophou’!
Francois van Rensburg 101:
Francois is gebore op die 24 Februarie 1990 in Bethal.
‘n Paar van sy gunstelinge:
Kos: Seekos
Kleur: Turquoise
TV-program: Enige dokumentêr / Autobiografieë
Naweek-aktiwiteit: Staptogte (‘hike’)
Reuk: Vars buitelug-natuur-reuke (die reuk van berge en see)
Dier: ‘n (soet) Hond
Francois luister graag na ‘storie-liedjies’ en is self ‘n musikant en liedjieskrywer. Sy ‘celebrity crush’ is nog steeds Patricia Lewis. Sy idee van ‘n droom ‘date’ is ‘n piekniek in die berge, en sy grootste vrees is skerp voorwerpe. Hy sal graag eendag Switserland wil besoek en die land verken deur middel van ‘n treinrit. Hy drink graag rooibostee met heuning en sy beste vriend is die akteur Luan Jacobs. Francois neem deel aan radiodramas en sou graag die wyle Johannes Kerkorrel wou ontmoet.