Route326 met Divan en Anelma

Route326 programbeskrywing:

Route326 met Divan en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG’s en die VIP’s en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.

Anelma van Heerden 101:

Anelma is gebore op die 30ste Junie 1995 in Pretoria.

‘n Paar van haar gunstelinge:

Kos: Nacho’s

Kleur: Geel

TV-program: The Office

Naweek-aktiwiteit: Slaap of PlayStation

Reuk: Vanilla

Dier: ‘n Olifant

Anelma se ‘happy place’ is in die Knysna-woud, sy sal graag nog drie tale wil leer praat, en haar droom ‘date’ is om ou televisies met ’n baseball bat stukkend te slaan saam haar man! As sy nie ‘n loopbaan in drama en uitsaaiwese gevolg het nie, sou sy graag ’n skoenlapper wou wees. Sy luister graag na alternatiewe ‘rock’ en haar grootste vrese is spinnekoppe en mense wat aantrek soos clowns. Haar droomvakansie is in Griekeland en sy bewonder Jesus!

Divan van Wyk 101:  

Divan is gebore op 14 Oktober 1997 in Krugersdorp (maar sy ma het gese hy moet vir mense se Roodepoort).

‘n Paar van sy gunstelinge:

 Kos: Jy kan hom omkoop met ‘n lekker pizza

Kleur: Blou-Bul-Blou

TV-program:Brooklyn Nine-Nine en Two and a Half Men

Naweek-aktiwiteit: Sosialiseer, sport kyk, en ‘n lekker program aanbied op GROOTfm 90.5.

Reuk: Dubbel brandy special

Dier: Pippa, my Wire-Hair Foxterrier en ons Schnauzer – Charlie

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag