Saterdagmiddag – saam met Divan

Saterdagmiddag saam met Divan programbeskrywing:

Kuier lekker saam met Divan elke Saterdagmiddag en maak jouself reg vir genoeg grappies, geselsies, en goeie musiek om jou Saterdagmiddag op die regte manier te vier! Ons kyk na skolesport, naweekgebeure, en dit wat nog die naweek voorlê. Skakel in en neem deel aan kopkrappers, ‘n luisteraarskeuse, en lekker-lag-stories!

Divan van Wyk 101:

Divan is gebore op 14 Oktober 1997 in Krugersdorp (maar sy ma het gese hy moet vir mense se Roodepoort).

‘n Paar van sy gunstelinge:

Kos: Jy kan hom omkoop met ‘n lekker pizza

Kleur: Blou-Bul-Blou

TV-program:Brooklyn Nine-Nine en Two and a Half Men

Naweek-aktiwiteit: Sosialiseer, sport kyk, en ‘n lekker program aanbied op GROOTfm 90.5.

Reuk: Dubbel brandy special

Dier: Pippa, my Wire-Hair Foxterrier en ons Schnauzer – Charlie

DAE

    Saterdag