Sondae-aande Gospel – saam met Zander

Sondae-aande Gospel saam met Zander programbeskrywing:

In hierdie program wil Zander jou op hoogte bring van die nuutste en inspirerende gospelmusiek. Met die week wat voorlê, is dit ‘n program wat jou hoop gee, herrinner aan die Woord en uitdaag om saam met die Here te lewe!

Hy sit gemaklik agter ‘n klavier, dig gereeld lirieke of skryf ‘n verhoogstuk. Hy staan soms op ‘n verhoog en is gereeld agter ‘n preekstoel. Hy deel inspirasie voor die kamera en deel liefde agter ‘n mikrofoon. As jy hom sal wil opsom is daar net een eenvoudige manier – die Here sin!

Zander van der Westhuizen 101

Zander is gebore op die 14de Julie 1976 in Benoni.

‘n Paar van sy gunstelinge:

Kos: Fillet

Kleur: Rooi

TV-program: Big Bang Theory

Naweek-aktiwiteit: Kuier

Reuk: Die see

Dier: ‘n Hond

Zander is nie baie lief daarvoor om plante as geskenk te kry nie, maar, hy is baie lief vir fillet! As hy enige ‘super power’ kon kies, sou dit wees om te kan vlieg! Sy droomvakansie is ‘n reis om die wêreld, en sy gunsteling filmkarakter is James Bond.

DAE

    Sondag