Sondagmiddag met Elrica
Sondagmiddag programbeskrywing:
Kom drink elke Sondagmiddag ’n koppie koffie saam met Elrica vir ’n tikkie nostalgie, goeie musiek en raakvat-geselskap. Geniet ’n paar kopkrappers en fliekmusiek-stories om jou middag in te kleur. Skakel elke Sondagmiddag in en kom kuier saam!
Elrica Smith 101:
Elrica is gebore op 5 April 2001 in Middelburg, maar het nog nooit in Middelburg gebly nie…
‘n Paar van haar gunstelinge:
Kos: Sushi (of eintlik my ma se hamburgers)
Kleur: Suurlemoen-geel
TV-program: The Office
Naweek-aktiwiteit: Enige avontuur wat stap, sport, fliek of foto’s neem insluit. En natuurlik ook uitsaai!
Reuk: Sondagmiddag-potjiekos
Dier: Kameelperd
Elrica is iemand wat altyd reg is vir ’n vanilla-yskoffie en om iets nuuts te probeer. Of dit nou ’n staproete in Suid-Afrika is of om ’n nuwe land te verken, Elrica is altyd gereed… Sy het ’n liefde vir fotografie en haar mense. Sy glo Golden Retrievers is die beste honde in die wêreld en daarom is daar 4 van hulle by haar huis (op een bank).
