Weeksdae Vibes met Venita

#WeeksdaeVibesMetVenita programbeskrywing:

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!

Venita Engelbrecht 101:

Venita is gebore op die 8ste Oktober in 1998.

‘n Paar van haar gunstelinge:

Kos: Nachos

Kleur: Swart /Donker kleure

TV-program: Superstore

Naweek-aktiwiteit: Uitsaai en musiekkonserte bywoon

Reuk: Reën

Dier: Honde

Venita se passie strek verder as net radio en uitsaaiwese – sy is ook dol oor haar drie honde-babas en luister ure lank na musiek. ’n GROOT droom van haar is om eendag Tokyo, Japan, te besoek en daar rond te reis. Wanneer sy nie agter die mikrofoon is nie, geniet sy dit om tyd saam met haar vriende en familie deur te bring. Haar celebrity crush is Post Malone, en haar gunsteling kunstenaar is Passenger. Min mense weet dit, maar Venita kan tapdans! As sy ooit in ’n sirkus sou werk, sou sy beslis die “clumsy mime” wees wat almal laat lag. Haar GROOTste droom? Om ’n invloedryke rolspeler in die radio-industrie te word.

DAE

    Maandag

    Dinsdag

    Woensdag

    Donderdag

    Vrydag