Ons vra jou as luisteraar óf maatskappy om aan hierdie GEE-leentheid deel te neem waarin ons

talle gesondheidswerkers se gemoedere kan lig in die eindelose stryd teen Covid-19. 

 

Volg hierdie DRIE stappe om ‘n huppel in ‘n versorger se stap te sit: 

Stap 1:

Pak ‘n geskenkpakkie soos op die foto-voorbeeld. 

Stap 2:

Sluit jou boodskap van bemoediging daarby in. 

Stap 3:

Laai die geskenkpakkie(s) by GROOTfm 90.5 se kantoor af.

Adres:

26 Ringwood weg,

Lynnwood Manor,

Pretoria 

Datums en tyd:

Vrydag, 5 Februarie, vanaf 06:00 tot 18:00.                 

Saterdag, 6 Februarie, vanaf 06:00 tot 12:00. 

Alternatiewelik:

Skenk ‘n bedrag van enige waarde en ons sal die pakkie namens jou pak. 

Bankbesonderhede:

GROOT OMGEE PROJEK NPC;

ABSA Rekeningnommer: 409 754 3378;

Takkode: 334510 

Verwysing: GEE 

Pak dit aan, en pak dit in, en ondersteun saam met GROOTfm 90.5 ons gesondheidswerkers! 

*Jou geskenkpakkie word ontvang deur die GROOTfm 90.5 personeel in die vorm van ‘n ‘deur-ry, verby-ry aksie’ waartydens ons aan alle Covid 19-protokol vereistes sal voldoen. 

‘n GROOT dankie aan Afriforum Moot Buurtwag wat die verkeer gaan help reguleer die Saterdagoggend, 6 Februarie.

Idees vir jou geskenkpakkie:

Sjokolade-stafie (Bv. Bar-one of Kit-kat)

Energie-stafie

Koffie-sakkie

Jelly-lekkers

Aartappel-skyfies

Kougom

'Wet-wipes'

Energade/Powerade (Geen hoë kaffiëne-inhoud energie-drankies.)

Alles binne-in 'n geskenk-sakkie van jou keuse, saam met 'n brief van bemoediging.

* 'n Geskenkpakkie soos dié het 'n waarde van tussen R50 en R100.