You are currently viewing WEERstand teen die droogte met ‘n nasionale ‘donasie-dans’.

WEERstand teen die droogte met ‘n nasionale ‘donasie-dans’.

Deel hierdie artikel

Soos ons almal weet, het die Kaapse provinsies desperaat reën nodig. So, die King Price familie daag Suid-Afrika uit om te help om ‘n verskil te maak… Deur ‘n ‘donasie-dans’ te doen

Die inisiatief is eenvoudig: Plaas ‘n video van jouself, wat jou ‘donasie-dans’ doen op sosiale media, en daag om die beurt jou vriende uit om ook hul litte los te maak met #MakingADifference, om jou ondersteuning te wys, en… Elke keer as King Price ‘n “donasie dans” met #MakingADifference sien, sal hulle 5L water vir verspreiding in die Kaap skenk!!

Hoërskool Garsfontein het byvoorbeeld hul pawiljoen volgepak en hul heupe geskud om ‘n groot verskil te maak … 9,250L water se verskil, en daag ook ander skole uit om deel te neem. Sien hulle video hier.

Hoe om deel te neem:

  • Plaas jou 10-sekonde ‘donasie-dans’ video op die KingPriceInsurance Facebook-blad, of op jou profile en tag @KingPriceInsurance op Facebook and Twitter, of @kingpriceins op Instagram
  • Gebruik #MakingADifference en tag die vriende wat jy uitdaag
  • En, net so het jy ‘n verskil gemaak en King Price het 5L geskenk… Baie dankie!

“Ons besigheid is dalk versekering, maar ons doel is #MakingADifference,” sê Gideon Galloway, King Price CEO. “Alles wat ons doen, word aangepak met die waardes wat ons elke dag leef as middelpunt, en aangedryf deur ons visie: Laer premies: Hoër doel. Daarom staan ons elke dag uit die bed uit op.”

So, klim aan boord van hierdie gekke trein … En met ‘klim’ beteken ons natuurlik regtig ‘dans’ … Om ‘n verskil in 1000’e lewens te maak.

Deel hierdie artikel