#JouMenseMyMense – Christopher | 14 Oktober 2026 | GROOTfm 90.5
Izelke Lotriet het vir ons ’n epos gestuur oor die 5-jarige Christopher. Hy is op sewe maande uit sy ouers se sorg verwyder en bly tans by sy biologiese oupa, Stefan Schoeman, en Stefan se geliefde van die afgelope ses jaar, Lydia. Hulle kyk baie mooi na hom, versorg hom, en maak seker hy gaan skool toe. Met Christopher se ouers se toestemming woon hy by hulle totdat hulle self weer op die been is. Christopher se ander ouma help tans met Christopher se skoolfonds. Lydia sê Christopher is ’n rustige en gehoorsame kind, en ’n plesier om in die huis te hê.
Die hulpkreet wat gerig is, is rakende ‘n hangende ooglid waarmee Christopher gebore is. Hy benodig dringend ’n operasie, wat sonder die opsie van ’n mediese fonds, onbekostigbaar is. Sy ooglid belemmer sy sig in so ’n mate dat hy dikwels sy kop moet lig om behoorlik te kan sien. Alhoewel sy sig op hierdie stadium nog nie permanent beinvloed is nie, het die oogspesialis aangedui dat dit waarskynlik ’n ernstige uitdaging gaan word namate hy ouer word indien dit nie behandel word nie. Die doel van die operasie is dus om verdere komplikasies te voorkom en vir Christopher ’n mate van normaliteit te gee.
Lydia, Stefan en Christopher het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
