You are currently viewing #JouMenseMyMense – Gerda Oosthuizen | GROOTfm 90.5 | 21 Oktober 2026

#JouMenseMyMense – Gerda Oosthuizen | GROOTfm 90.5 | 21 Oktober 2026

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Gerda Oosthuizen | 21 Oktober 2026  | GROOTfm 90.5

Ons het die voorreg gehad om November 2021 met Gerda Oosthuizen te kon paaie kruis en haar te help met ’n draagbare suurstofmasjien, wat sy tot vandag toe met groot dankbaarheid gebruik. Sedertien is haar longfunksie, toe minder as 30%, nou minder as 20%. Haar diagnose word beskryf as ‘n Alpha1-antitripsien tekort, Bronchiolitis Obliterans en Bronchiektase. In haar woorde, beteken dit net dat daar verskeie dele van haar longe aangetas is, van die groot pypies tot die klein lugsakkies.

Gerda, vrou van Gerhard, en mamma van drie seuns (Duen, Vaughn en Beaux) koester nog altyd ’n vreugdevolle en positiewe uitkyk op die lewe, ten spyte van haar seldsame longsiekte. Nie net het Gerda ‘n kroniese longsiekte nie, maar is ook siggestremd met ongeveer 5% sig in haar oë. Sy noem dat daar ‘n voordeel hieraan is – ALMAL is vir haar mooi! Sy sien nie die merkies of plooie of pigmente nie, net die volheid van mense se skoonheid. Haar sig word bepaal deur die waarheid wat in haar hart lê. Sy sal enigiets vir iemand doen! Sy sê ook, “Dis okay, ek is ‘n happy mens, dit kry my nie onder nie.  Die ewige geveg teen asemhaling en hospitalisasies is dit wat my soms onderkry.”

Gerda het ons genader vir hulp met ’n bipap-masjien omdat sy onvoldoende in die nag asemhaal. Omdat haar longfunksie swak is, benodig sy ‘n masjien wat die druk verlaag vir uitaseming, anders bou sy te veel koolsuurgas op in die nag wat opsigself skade aan haar ander organe, insluitend haar hart en brein, kan berokken. Die slaapstudie het bepaal dat die bipap 60% van die tyd haar inaseming moet ondersteun en 40% van die tyd haar uitaseming.

Gerda se Dokter het probeer om vir haar met behulp van motiverings- en appêlbriewe die bipap-masjien te bekom, maar ongelukkig het haar fonds dit nie goedgekeur nie. Hulle backabuddy-veldtog staan tans op R5 300. Sy kan ongelukkig nie werk nie, en is haar man die enigste broodwinner – sodat hy Gerda se mediese fonds kan betaal.

Gerda sê, met haar bipap-masjien sal haar longe kan rus in die nag, en sal sy “meer energie in die dag hê, om die lewe met albei hande, of sal ek sê longe aan te pak.”

Gerda en haar jongste seun, Beaux, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel