#JouMenseMyMense – Emily Van Jaarsveld | 18 Novenver 2026 | GROOTfm 90.5
Charlene van Jaarsveld het vir ons ’n hulpkreet gestuur rakende haar dogter, Emily. Sy het gevra of ons asseblief hulle ‘backabuddy’-skakel op radio sal deel.
Die 24ste Augustus 2025 Emily, toe 11 jaar oud ñ tafeltjie geskyf met ñ glasbeker op. Die Glas beker het afgegly, op die vloer beland, gebars en ñ groot stuk het opgeskiet en in haar ogie ingesteek – diep genoeg om skade te berokken. Hulle het hospitaal toe gejaag en is na die ooginstituut toe verwys. Die glas het haar kornea oopgesny en dit het dadelik ñ katterak gevorm. Emily moes dadelik ñ operasie kry om die katterak te verwyder en die kornea weer te heg. Hulle het nie die finansies gehad vir die operasie nie, maar kon R40 000 leen. Hulle het hul voertuig verkoop om die lening terug te betaal.
’n Paar dae later het hulle ’n verdere rekening van R16 000 ontvang omdat die operasie langer geduur het as verwag. Emily moet nou vir ’n lensvervanging gaan by Dr Tommie Jordaan, wie sy nog gereeld sien, wat R59 000 kos. Die Van Jaarsveld-gesin kwalifiseer nie vir ’n lening by die bank nie, en, kan hulle ook tans nie ’n mediese fonds bekostig nie. Charlene is ñ mamma van vyf kinders. Sy maak huise skoon vir ’n inkomste, en Pa Armand werk as ’n Fibre-tegnikus. Hulle albei werk baie hard om vir hulle vyf kinders net die beste te gee en vir hulle ’n baie goeie opvoeding te gee. Emily se daaglikse lewe word drasties beïnvloed. Sy kry gereeld hoofpyn, word vinnig moeg en kan sy nie tans in ’n hoofstroom-skool wees nie.
Ma Charlene, Emily en ’n familievriendin het by GROOTfm 90.5 kom kuier…(Pappa Armand moet ongelukkig by die werk wees.)
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
