A Re Yeng! Laat ons gaan! Laat ons begin – A re thomeng!
Name:
Sesotho sa Leboa. Die Sotho taal van die Noorde.
Noord-Sotho, Northern Sotho.
Noord-Sotho in Noord-Sotho is Sepedi – die taal van die Bapedi mense.
Bevolking : 4,6 miljoen, huistaal = 9.1% van bevolking (Statistiek SA 2001)
Gepraat in : Suid-Afrika (Official), Botswana
Oorsig :
Noord-Sotho / Sepedi word in die noord-oostelike dele van S.A. gepraat.
Noord en oos van Pretoria, dele in Gauteng, Limpopo, gedeeltes van Mpumalanga, Noord-wes provinsie en Limpopo.
Waar ons in Afrikaans net so paar dialekte het bv. Afrikaans in Namakwaland, Afrikaans van die Kleurlinge, Kaap-Afrikaans en ook sê maar Swart Afrikaans, het ons in Sepedi meer as 35 dialekte. En soos die taal Afrikaans konstant verander in die moderne lewe, so verander Noord-Sotho ook.
Wees bewus : Soos ons met die lesse vorder sal daar baie vir jou deur Sepedi moedertaalsprekers vertel word, dat ons sommige woorde verkeerd sê, of dat dit nie die regte uitdrukking is nie, of dat jy verkeerd geleer word. Dit gebeur. Ek het Noord-Sotho akademies op skool en universiteit geleer. Ek het dit nie op die plaas geleer nie.
Die swart tale in S.A. en so ook Sepedi is deur die sendelinge gekonstrueer, gespel en uiteengesit. Hulle wou die swart mense evangeliseer en moes hulle spreektaal uitwerk sodat hulle met die mense kon kommunikeer en uiteindelik skryf, lees en die Bybels vertaal.
Ons tale in Suid-Afrika :
Noord-Sotho : (Sepedi) Pretoria en noord van Pretoria, Machadodorp, Drakensberg platorand, Polokwane, Mussina
Wes-Sotho : (Tswana) Noord & wes van Pretoria, daarom juis noord-wes provinsie, Rustenburg, Botswana, Noord-Kaap, Wes-vrystaat, WesTransvaal daar is baie ooreenkomste tussen SePedi en SeTswana.
Suid-Sotho : Is ook verwant aan SePedi en SeTswana en daar is ooreenkomste, maar suid-Sotho het egter meer verskille. Die taal word suid van Pretoria aangetref en dit is dus die Vrystaat, Oos-Vrystaat, Suid-Transvaal, Oos-Griekwaland(Deel Transkei) en dan natuurlik is dit die hooftaal van Lesotho. Daarom word suid-Sotho, SeSotho genoem.
Dan ander talegroepe :
Zoeloe : (Sezulu)Natal, tot in Jhb. Swazi : Seswati. Swaziland
Xhosa : (Sethosa) Oos-kaap, Transkei, Ciskei, Suid-Kaap, Wes-Kaap.. .tot Jhb
Venda : (Sevenda) Soutpansberg. Tsonga : Setsonga Noord-Oos Transvaal & Laeveld, Mos.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_single_image image=”9291″ img_size=”full” alignment=”center”][vc_column_text]
Die swart Radiostasies :
“Di-ya-le-moyeng” tša ditšhaba / Die, “dit-loop-saam met-die-lug”(radiostasies) van die stamme
Nguni :
|
Radio Zoeloe |
Ukhozi FM |
Radio Xhosa |
Umhlobo Wenene FM |
|
Radio Swazi |
Ligwalagwala FM |
Radio Ndebele |
Ikwekwezi FM |
Sotho :
|
Radio Noord-Sotho |
Thobela FM |
Radio Suid-Sotho |
Lesedi FM |
|
Radio Tswana |
Motsweding FM |
|
Radio Venda |
Phalaphala FM |
Radio Tsonga |
Munghana Lonene FM |
[/vc_column_text][vc_column_text]
Die Selfstandige Naamwoordklasse in Noord-Sotho :
|
Klasnommer / Class number |
Klasvoorvoegsel / Class prefixs |
Klasaard / Class type |
Snwe. Nouns |
|
1. |
Mo- |
Mensklas |
Morêna – meneer, mosadi – vrou |
|
2. |
Ba- |
Barêna – menere, basadi – vrouens |
|
|
3. |
Mo- |
Nie-mensklas |
Mokopa – mamba, molamo – kierie |
|
4. |
Me- |
Mekopa – mambas, melamo – kieries |
|
|
5. |
Le- |
Ander mense |
Lekgowa – Blanke, letlapa – klip |
|
6. |
Ma- |
en dinge |
Makgowa – Blankes, matlapa – klippe |
|
7. |
Se- |
Instrumenteklas |
Selepe – byl, seêta – skoen |
|
8. |
Di- |
Dilepe – byle, diêta – skoene |
|
|
9. |
“Ne-” |
Dierklas |
Tau – leeu, Tonki – donkie |
|
10. |
Di- |
Ditau – leeus, ditonki – donkies |
|
|
11-13 |
X |
X |
Bestaan nie in Noord-Sotho nie |
|
14. |
Bo- |
Abstrakte klas |
Bohlale – wysheid, bolwetši – siekte |
|
6. |
Ma- |
Mahlale – wyshede, malwetši – siektes |
|
|
15. |
Go |
Om te |
Go sepela – om te loop |
|
16. |
Fa- |
Lokaliteit |
Fase – onder |
|
17. |
Go- |
Lokaliteit |
Godimo – bo-op |
|
18. |
Mo- |
Lokaliteit |
Morago – agter |
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]
Deel hierdie artikel