#JouMenseMyMense – Jusje van Staden | 05 Augustus 2026 | GROOTfm 90.5
Elsje van Staden het vir ons ’n epos gestuur waarin sy sê: “As ’n ma is daar niks moeiliker as om jou kind te sien swaarkry en te weet jy kan net soveel doen om die pyn te verlig nie.” Die 11-jarige Jusjé, is ’n helder, liefdevolle en aktiewe dogtertjie wat dol is oor gimnastiek, netbal, sagtebal en storietyd voor slaaptyd. Maar al vir ’n lang tyd veg sy ’n pynlike stryd met haar oë.
Sy is gediagnoseer met ’n toestand genaamd “epiblepharon”, waar die klein haartjies op haar onderste ooglede na binne draai en haar oë voortdurend krap. Dit veroorsaak aanhoudende irritasie, pyn en dowwe sig en veroorsaak fyn krappies wat letsels los op die oog. Sy sukkel om te sien, en wanneer sy probeer lees of naby fokus, kry sy erge hoofpyne.
Die dokters het verduidelik dat sy eers ’n prosedure, genaamd Bilateral Lower Lid Epiblepharon/Entropion Repair, moet ondergaan voordat sy ’n bril kan kry – omdat daar minimale skade aan haar oë gerig is. Hierdie fyn operasie gebruik ’n laser om die haartjies te verwyder en maak ’n klein insnyding sodat die ooglid na buite draai — en die haartjies nie meer teen haar oë krap nie. Dit is ’n belangrike stap om haar sig te beskerm en te help dat haar oë behoorlik genees.
Die operasie gaan die gesin van vier, waaronder Pa Juandre, Ma Elsje, en ander sussie, Elre (10 jaar oud), R40 000 kos, en het die gesin reeds sowat R30 000 op backabuddy ingesamel. Die kinders doen tans tuisonderrig in Rayton, met Ma Elsje wat hulle onderrig, en Pa Juandre werk tans in Irene.
Hulle al vier het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
