You are currently viewing #JouMenseMyMense – Marinda Joubert | GROOTfm 90.5 | 22 Julie 2026

#JouMenseMyMense – Marinda Joubert | GROOTfm 90.5 | 22 Julie 2026

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Marinda Joubert | 22 Julie 2026  | GROOTfm 90.5

“Ek wil graag namens Marinda wat saam met my werk haar stilletjies inskryf vir die geleentheid om moontlik gehoorstukkies te kan kry.”

Calien van der Merwe het vir ons ’n epos gestuur – eintlik as deel van ’n inskrywing namens haar kollega en vriendin, Marinda, om ’n gehoorapparaat te wen. Ongelukkig het Marinda nie gewen nie, en stuur Calien toe weer aan ons ’n hulpkreet om te help. Marinda is tans ’n ontvangsdame, en beskryf Calien haar as ‘n steunpilaar om altyd haar werk as ons “hoofmeisie” so goed te doen en almal tevrede te stel. “Al is sy ouer as 60, is sy wakker en skerp en gaan ons sukkel as sy vervang moet word.”

Marinda se gehoor is krities in haar rol as ontvangsdame, aangesien sy ook die enigste persoon is wat met SARS kommunikeer, en al die navrae, oproepe en kommunikasie in die kantoor hanteer. Calien het vir ons ’n verhaal gestuur, wat eintlik Marinda se werks-kenmekaar tema-“praatjie” was wat hulle by die werk moes doen – ongeveer 6 jaar gelede. Die firma waar sy werk het elke spanlid die geleentheid te gee gegee om ’n tema te kies waaroor hulle moes praat en het Marinda s’n oor dankbaarheid gegaan wat ook ’n deel van haar lewensverhaal uitgespel het. iets uit hulle lewens te deel.

Marinda het hierdie na die tyd opgeskeur in repies toe Calien haar vang en haar vra om dit vir haar te gee omdat dit vir haar so ’n kosbare verhaal was. Calien het die repies aanmekaar geplak en gehou en toe sy van die kompetisie hoor, het sy dit dadelik gestuur. In hierdie verhaal verwys Marinda na haar lewe vol uitdagings, maar dat sy te midde daarvan so dankbaar is vir haar lewe. Dankbaar vir haar ouers, wat op ’n vroeë ouderdom oorlede is. Dankbaar vir die mense wat haar ingeneem het.

Dankbaar vir haar man, wat ook kort na hul troudag oorlede is. Dankbaar vir haar dogter, en nou haar kleinkinders. Marinda se gehoorverlies het (in veral die een oor) al 10 jaar gelede begin en is dit nou ernstiger van so 2 jaar gelede af. Sy was in die verlede by twee plekke om uit te vind wat haar diagnose en prognose is. Na ’n verwysing deur Calien na ’n privaatdokter, het hy haar gediagnoseer met tinnitus, en dat gehoorapparate haar enigste oplossing is. Die tyd toe sy gegaan het (dit was ongeveer 2 jaar terug) sou hulle vir haar R8 000 per gehoorstuk gevra het, maar weens finansies kon sy nog nie verder met dié oplossing vorder nie.

Calien en Marinda het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel